Die Hoër Meisieskool Oranje is vanjaar se provinsiale wenner van die gr. 9 rekeningkunde-olimpiade waarvoor 92 skole en 663 leerlinge ingeskryf het.

Dit word deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) aangebied.
Benewens as wenskool, is Oranje se Annemie Grobler die provinsiale wenner. Sy het 84% behaal. Chrismie Smith is een van twee naaswenners. Juff. Keren van Eeden en Ilse Olivier, wat vir die gr. 9’s rekeningkunde gee, is ook vereer.

’n Skool kon 15 leerders inskryf. Die 15 Oranjeniete wat ingeskryf het, is Lara Delport, Jazelle Strydom, Didi Nel, Nicole Dreyer, Danica du Toit, Anja Louw, Zané Snyman, Ané Janse van Vuuren, Annemie Grobler, Chrismie Smith, Anjorie Ackerman, Reabetswe Leepile, Carla Fourie, Kylin Nel en Naledi Moloi.

In die rekeningkunde-olimpiade vir gr. 11’s wat deur die Suid Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters (SAIPA) aangebied word, het geen skool meer leerders onder die top 10 as Oranje gehad nie. Twaalf van die OMS-leerders was onder die top 10 (heelparty leerders het dieselde persentasie behaal, daarom dat daar 34 leerders onder die voorste 10 geëindig het).
Die 12 was Bea Louw, Sunique Boshoff, Charlize Oosthuizen, Ivanke van Jaarsveld, Truné Prinsloo, Flo Truter, Michelle Strydom, Jana Campbell, Corlia Venter, Carli Olivier, Katia Geustyn en Christi Dempers.
Bea met 82% was die beste Oranje-presteerder.

* Chané Nel het verlede maand eerste geëindig in rekeningkunde én ekonomie in die nasionale gr. 10-olimpiade vir rekeningkunde, ekonomie en besigheidstudies.

Die Hoër Meisieskool Oranje se gr. 9’s het geskitter in die rekeningkunde-olimpiade vir gr. 9’s deur as die beste deelnemende skool in die Vrystaat aangewys te word. Van links is Juff. Keren van Eeden en Ilse Olivier (wat vereer is as rekeningkunde-onderwysers van die gr. 9’s), Chrismie Smith (provinsiale naaswenner) en Annemie Grobler (provinsiale wenner).