Oranje se o.17-span is die wenners van die Bloemfontein-landloopliga vir 2019.
Die span bestaan uit Lienke Snyman, Dorette Nel, Nika Reinach en Marianne du Plessis.

Lienke het ’n groot aandeel hierin deur eerste plekke in al vier haar wedlope te vermag. Sy is met ’n goue medalje vereer. Dorette het brons vermag.

Oranje se o.16- en o.22-spanne het tweede geëindig. Die o.16’s se lede was Annika Krause, Sebiene le Roux, Mia Olivier en Caylin de Andrade. Die o.22’s is Nadine Kemp, Monique Davidson, Arina Nicolaisen en Tammy Cloete.

Miché Johns (o.14, brons) en Sebiene le Roux (o.16, brons) was ook onder die individuele uitblinkers.

Van links, voor: Mia Olivier, Caylin de Andrade en Nika Reinach; middel: Marianne du Plessis, mev. Johantte Jacobs (koördineerder), Monique Davidson (kaptein), mev. Karlien Janse van Vuuren (koördineerder) en Arina Nicolaisen; agter: Dorette Nel, Lienke Snyman, Annika Krause, Sebiene le Roux, Nadine Kemp en Tammy Cloete.