Die hokkie- en tennisspanne van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein het die afgelope naweek teen Affies weer die septer geswaai, terwyl die mesies van Pretoria die botoon op die netbalbane gevoer het.
Dié twee meisieskole het in Bloemfontein in die jaarlikse interskole in sport en kultuur meegeding.
Oranje se eerste-hokkiespan het sy kragmeting met 2-0 gewen en daarmee sy onoorwonne vertoninglys teen Affies oor die jare op die interskole in stand gehou. Trouens, nie een van sy vyf o.18-spanne het ’n nederlaag gely nie.
Die o.16A’s en o.14A’s het ook albei aan die wenkant met onderskeidelik 3-1 en 5-2.
Op die tennisbaan het Oranje behoorlik die vloer gevee. Die eerstespan het nege wedstryde teenoor 0 van Affies gewen, die tweedespan 8-1 en o.15A ook met 9-0.
Die Pretoriase meisies het op die netbalbaan vergoed en nogmaals getoon waarom hy as ’n netbalkrag beskou word. Hy het die meerderheid van die kragmetings gewen. Sy eerstespan, tans nie-amptelik die land se derde beste span, het met 34-19 geseëvier.
Die tuisskool se o.16A-span het wel ’n oorwinning van 25-23 behaal, sowel as ’n paar van die laer spanne.
Affies was ook aan die wenkant in die skaak en in die debat vir senior spanne.
Kliek HIER vir nog foto’s van die interskole