SKOOLLIED
Die skoollied is geskryf deur Oranje se eerste skoolhoof, mev. Elizabeth le Roux en getoonset deur C Combrink.
Dis die eerste keer op 2 Augustus om 11:00 deur 35 leerders, skoolhoof en sewe onderwysers tydens die amptelike opening van die skool gesing. Mej. Van Schoor (leerkrag vir klavier-onderrig) was verantwoordelik vir die afrigting.
Die lied is in Hoog-Hollands geskryf omdat Afrikaans destyds nog nie ’n erkende taal was nie.
Oranje se skoollied:
Driewerf gegroet onze hulde Oranje!
Hier word gekweekt zo’t verstand als de ziel.
Hier zijn wij samen om kennis te garen,
Ach of op ons ook haar lichtstraal eens viel.
O Alma Mater wij dienen u williglik,
U leven wij, u geven wij
Ons liefd’ en kracht met heel ons hart.