Juf. Anne-Marie Klink (skoolhoof) het verlede week ’n oorkonde van die Skoleondersteuningsentrum in ontvangs geneem vir ’n rits prestasies deur die 2020-matrieks van Oranje.

Dié Bloemfonteinse meisieskool is 18de op die lys vir Afrikaanse skole met die meeste onderskeidings (390). Slegs Bloemhof (130) het minder matrieks as Oranje (144) op dié lys van 20 skole.

Oranje is 6de in die land vir Afrikaanse skole met die meeste onderskeidings per leerder (5 van die top 6 is almal meisieskole).

Oranje se wiskunde-leerders het vir ’n 10de plek nasionaal (Afrikaans en Engelse skole) gesorg op die lys vir die meeste onderskeidings per leerder in dié vak.

Daarbenewens is die Oranjeniete 14de geplaas vir skole met die meeste Afrikaans Huistaal-onderskeidings. Weereens het net Bloemhof in die top 14 minder matrieks as Oranje gehad.

Van links is Anne-Marie Klink (skoolhoof) en Alida van Rooyen (operasionele koördineerder, Skoleondersteuningsentrum).