Johani van Tonder het ’n eerste plek in die driesprong vir meisies o.15 op die SA atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth behaal. Sy het dit met ’n sprong van 11.42m vermag. In die verspring het sy vyfde geëindig.
Enid Bezuidenhoudt het met ’n bronsmedalje na Bloemfontein teruggekeer wat sy in die gewigstoot vir meisies o.19 vermag het.
Cora Groenewald (o.17) het vierde in die verspring gekom met ’n sprong van 5.52m.
Charné Wansbury het sesde in sowel die 100m as 200m vir meisies o.15 geëindig.
Alri Bosch was agtste in 300m-hekkies vir meisies o.15 en Miané Smit 11de in die spiesgooi vir meisies o.15.

Johani van Tonder