Nie minder nie as 41 van die Hoër Meisieskool Oranje se hokkiespelers sal in die komende skoolvakansie vir die Suid-Vrystaat (SVS) se onderskeie skolespanne uitdraf.
Verlede jaar het Oranje 43 spelers opgelewer en in 2017 ’n allemintige 50.
Die o.16- en o.18-spanne sal na Pietermaritzburg reis en die o.14’s sal in Bloemfontein speel.
Cornel Holtzhauzen, ’n oudleerder van die skool en voormalige Protea-hokkiespeler, sal die o.14A-span brei.
Gyster van Schalkwyk, afrigter van Oranje se o.16A’s, sal die SVS se o.16A’s onder hande neem.
Amori Roos, doelwagter en kaptein van Oranje se eerste span, is as mede-kaptein van die Suid-Vrystaat se o.18A-span aangewys.
Oranje se provinsiale hokkiespelers is:
o.18A: Jané Britz, Elney Botha, Roné Bresler, Mandie de Wet, Mikkela le Roux, Megan-Lee Myburgh, Truné Prinsloo, Matilé Prinsloo en Amori Roos.
o.18B: Anna Blom, Rachèl van Riswijk, Sumari van Rensburg en Elbé van Pletsen.
o.16A: Irmarie Buys, Zoë Erasmus, Marleze Hoffman, Elné Lourens, Nicole le Roux, Leané McLaren, Ané van Vuuren en Tuané van der Westhuizen.
o.16B: Johanca Burger, Nadia Fouché, Cherique Feder, Danielle Jacobs, Naudene Prinsloo en Anzel van Zyl.
0.16C: Anika Horn, Ané Oosthuizen, Tilde-Marie Prinsloo en Amalia van Ruswijk.
o.14A: Nadine Claassens, Carien de Wet, Omphile Hendriks, Kayla Olivier, Mia Prinsloo en Lilly-Anne Theron.
o.14B: Miché Johns, Germarie Spershott en Anje van Pletzen.

Amori Roos (regs), kaptein van die Suid-Vrystaat o.18A-hokkiespan.