Die Hoër Meisieskool Oranje het ’n indrukwekkende rekord op die Super12-hokkietoernooi oor die vorige vyf jaar opgebou.
Die sesde weergawe begin Donderdagoggend.
Vier uit die vyf jaar (2014 tot 2017) is hy as kampioen gekroon.
Herschel Girls’ High het die eerste span geword om Oranje ’n nederlaag op die toernooi toe te dien. Dit was in 2017 nadat Oranje in 2014, 2015 en 2016 al 25 sy wedstryde gewen het.
Verlede jaar, in die uitspeelwedstryd om die derde plek, het Herschel ’n tweede sege oor die Oranjeniete behaal. Dít nadat die gasheerspan in die halfeindronde teen St. Mary’s Kloof vasgeval het.
In die vorige vyf jaar van die toernooi het Oranje in totaal 35 oorwinnings in 39 kragmetings behaal. Hy het drie nederlae gely (elke keer met 0-1) en een wedstryd (teen St. Stithians Girls’ College) het gelykop geëindig (verlede jaar).
Die Oranjeniete het ’n totaal van 115 doele behaal en 25 afgestaan.

Die eerste hokkiespan van die Hoër Meisieskool Oranje wat in 2017 se eindstryd van die Super12-toernooi met 2-0 oor Herschel Girls’ High geseëvier het. Dit was sy vierde agtereenvolgende toernooisege.