Die Hoër Meisieskool Oranje se gr. 10- en gr. 11-spanredenaars het albei na die nasionale ronde van die Radikale Redenaars-kompetisie deurgedring. Dit vind in Oktober by die Hoërskool Garsfontein in Pretoria plaas.

Die gr. 11-span is van links Carmi du Plessis, Jayden Henney, Rehanjo Swanepoel en Charlotte Doubell.

Die gr. 10’s se spanlede is van links Micka Reinach, Danielle Theron en Lida Seagreen.