Oranje se swemmers het 2020 op ’n skitterende wyse afgesluit met ’n rits swemmers wat ’n ryk medaljeoes opgelewer het en vier van hulle wat die voorste deelnemer in hulle ouderdomsgroep op die Vrystaat-kampioenskappe was.

Die gala het Vrydag geëindig. Swemmers het hulle klubs verteenwoordig.

In al die ouderdomsgroepe vir hoërskoolleerders pryk ’n naam van ’n Oranjeniet in die eerste plek met die meeste punte.

Guilma Lausberg was Oranje se voorste swemmer en is as die junior victrix ludorum aangewys. Sy was die beste swemmer in die ouderdomsgroep vir 16-jariges (Zané Snyman was derde).
Guilma het in al 12 haar items ’n podiumplek behaal. Dit het 7 eerste plekke, 4 tweede plekke en 1 derde plek behels.

Sulinke van den Berg was die voorste swemmer onder die 17- en 18-jariges met 3 goues, 4 silwer en 1 brons. Sy het ’n nuwe rekordtyd in die 400m-vryslag opgestel.

Anieke Helmand het in die ouderdomsgroep 15 jaar uitgetroon met 9 medaljes waaronder 5 goud, 3 silwer en 1 brons. Cara van der Bijl was derde in die groep.

Onder die 14-jariges was Mia van der Mescht met 7 medaljes (1 goud, 5 silwer en 1 brons) die voorste swemmer (Cara Smook was tweede en Kaylin Oelschig derde).

Oranje se ander medaljewenners is:
Francisca van Rooyen (4 goud, 1 silwer)
Lize-Marié Davidson (1 goud,1 silwer, 2 brons)
Miché Johns (1 goud, 1 brons)
Danielle Joubert (1 goud, 1 silwer)
Kaylin Oelschig (1 goud, 1 brons)
Cara van der Bijl (4 silwer, 2 brons)
Zané Snyman (5 silwer, 1 brons)
Mari Nortjé (3 silwer, 3 brons)
Cara Smook (2 silwer, 2 brons)
Imke van Wyk (1 silwer, 2 brons)
Anandi Botha (1 silver, 2 brons)
Kayla Vorster (2 silwer)
Elizabeth Joubert (1 silwer)
Anina Groenewald (2 brons)
Nicole Dreyer (1 brons)
Zoë Leipoldt (1 brons)

Guilma Lausberg was skitterend op die Vrystaat-swemkampioenskappe deur 12 medaljes te verower, waaronder 7 goues.