Die Hoër Meisieskool Oranje het Saterdag naelskraaps teen Bloemhof in die eindstryd van die Gerrie Berner-tennistoernooi in die Paarl vasgeval waar 12 van die land se beste spanne in aksie was.

Dit was ‘n negende jaar ná mekaar wat hulle mekaar in die eindstryd gepak het en ’n vyfde sege agtereenvolgens vir Bloemhof. Oranje het die voorafgaande vier jaar (2012-2015) gewen.
Dis die 15de weergawe van die toernooi.

Oranje het Paarl Girls’ High met 4-3 in die halfeindronde getroef. Oranje het die groepfase onoorwonne afgesluit met oortuigende oorwinnings oor Helpmekaar, Paarl-Gim, Waterkloof, Eunice en Stellenbosch.
Die ander deelnemende skole was die Hoërskole Hugenote en Menlopark, Affies en Rhenish.

Die Hoër Meisieskool Oranje se spanlede wat hulle silwermedalje by die Gerrie Berner-tennistoernooi is van links Gizelle Naudé, Inge Greyling (kaptein), Anzél van Zyl, Jana Rheeder, mnr. Elandré Rheeder (tennishoof), mev. Isabel Fichardt (afrigter), Liné Greyling, Gina Moolman en Kristen Fichardt.