Vir die eerste keer in meer as tien jaar het Otto Donderdag weggestap as die kampioen in die swembad. Hulle het ook die geesbeker gewen. Die gala is by die Kovsies aangebied.

Otto kon laas voor 2010 (die presiese jaar is nie bekend nie) in die gala seëvier. Otto (513 punte) het boonop ’n oortuigende sege behaal. Fischer, 2019 se wenner, was tweede met 469 punte en Boshoff (453) derde.

Sulinke van den Berg (Otto) was die senior swemmer wat die meeste punte verdien het, net ’n enkele punt meer as Chloë le Roux (Brebner). Ook Anieke Helmand (Fischer) het ’n enkele punt meer as Francisca van Rooyen (Otto) verdien om die voorste junior te wees.

Jana Meyer (links) en Carli Olivier, Otto se huisleidsters, vier die sege.