Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje (ook bekend as die Hoër Meisieskool Oranje) in Bloemfontein is ’n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld, maar steeds ons Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en gehalte-onderwys behou.

So was ons die eerste openbare skool in die Vrystaat om tablette vir onderrig te gebruik. Ons is ook een van enkele skole in die provinsie met ons eie digitale televisiekanaal, bekend as Oranje TV.

Ons onderwysers is hoogs gekwalifiseerde, professionele opvoedkundiges met ’n passie vir hul werk en ’n filosofie van “elke kind is my kind”. 

Die gehalte van ons buitemuurse aktiwiteite, soos sport en kultuur, is net so hoog soos ons akademiese gehalte.

Hier is die leerders eenders in geloof met ‘n visie om pret te hê, om Oranje te dien en om voor te berei vir die beroepswêreld.

“Ek hoop 2019 se tema (Vonk, vlam, vuur) sou ons bewus gemaak het dat ons ’n groter verantwoordelikheid teenoor mekaar het. Dat ons vriendskap moet gee met ’n hart wat vuurwarm van liefde klop.”

– Mev. Anne-Marie Klink, Oranje-skoolhoof

vooruit

Beste Wiskunde- en Wetenskapskool in Motheo-distrik 2019

Beste Wiskunde- en Wetenskapskool in die Vrystaat 2018

Top Akademie-, Sport- en Kultuurskool

wÊreldbekende alumnae

113 jaar se tradisies

Christelike Waardes

Tegnologies gedrewe

Puik geriewe

Beste in Engels 1ste addisionele taal, Afrikaans huistaal & Duits 2de addisionele taal in Vrystaat 2019 

Beste in Afrikaans huistaal & engels 1ste Addisionele Taal in Vrystaat 2018

NUUS

Netbal se gewildheid by OMS neem drasties toe

Netbal se gewildheid by OMS neem drasties toe

Die gewildheid van netbal by Oranje blyk die hoogte in geskiet het. ’n Ongekende 27 spanne, drie meer as in 2019, is vanjaar saamgestel. Die skool beskik oor ’n o.14G- en o.15G-span. Dít kan moontlik ’n eerste vir Oranje wees. Tussen 2000 en 2010 was daar dikwels net...

Vat ses Oranje!

Vat ses Oranje!

’n Sesde kroon vir die Hoër Meisieskool Oranje, ses rekords en twee individue wat die bes presterende swemmers in hulle ouderdomsgroep was. Dís die opsomming van Oranje se vertoning op die Interhoër-swemgala wat Donderdag en Vrydag in die Stadion-swembad beslis is....

GALERY

ONS HOOFBORGE

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Niel Theart):
E-pos: joostehuis@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 084-511-6263

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495

© 2019 OranjeMeisies.co.za - All rights reserved. Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999