Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje, oftewel die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein is ’n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld, maar steeds ons Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en gehalte-onderwys behou.

So was ons die eerste openbare skool in die Vrystaat om tablette vir onderrig te gebruik. Ons is ook een van enkele skole in die provinsie met ons eie digitale televisiekanaal, bekend as Oranje TV.

Ons onderwysers is hoogs gekwalifiseerde, professionele opvoedkundiges met ’n passie vir hul werk en ’n filosofie van “elke kind is my kind”. 

Die gehalte van ons buitemuurse aktiwiteite, soos sport en kultuur, is net so hoog soos ons akademiese gehalte.

Hier is die leerders eenders in geloof met ‘n visie om pret te hê, om Oranje te dien en om voor te berei vir die beroepswêreld.

“Ek hoop 2019 se tema (Vonk, Vlam, Vuur) sou ons bewus gemaak het dat ons ’n groter verantwoordelikheid teenoor mekaar het. Dat ons vriendskap moet gee met ’n hart wat vuurwarm van liefde klop.”

– Mev. Anne-Marie Klink, Oranje-skoolhoof

vooruit

Beste Wiskunde- en Wetenskapskool in Motheo-distrik 2019

Beste Wiskunde- en Wetenskapskool in die Vrystaat 2018

Top Akademie-, Sport- en Kultuurskool

wÊreldbekende alumnae

113 jaar se tradisies

Christelike Waardes

Tegnologies gedrewe

Puik geriewe

Beste in Engels 1ste addisionele taal, Afrikaans huistaal & Duits 2de addisionele taal in Vrystaat 2019 

Beste in Afrikaans huistaal & engels 1ste Addisionele Taal in Vrystaat 2018

NUUS

Mia hou haarself (en ander) fiks tydens inperking

Mia hou haarself (en ander) fiks tydens inperking

- Deur Danielle Theron Mia Olivier het tydens die Covid19-grendeltydperk besluit om haar liefde vir oefening met ander te deel en hulle uit te daag om saam met haar te oefen, al sou dit by hulle huis voor ’n selfoonskerm wees waarin hulle haar kon volg. Mia, 'n...

Virus ontneem dramaleerder van unieke geleentheid

Virus ontneem dramaleerder van unieke geleentheid

- Deur Clarissa Delport Covid19 het vanjaar al baie drome verydel en harte gebreek, party so twee op 'n slag soos die geval met Rehanjo Swanepoel. Dié matrikulant moes eers die nuus verwerk dat haar toneelstuk wat sy geskryf het en sou geregisseer het, weens die...

Die Eend meer as net gelukbringer

Die Eend meer as net gelukbringer

- Deur Charlotte Doubell Oranje se gelukbringer, hoofondersteuner, ’n simbool van vreugde, hoop en goeie gees. Dis Die Eend wat staan vir tradisie en trots. Sy simboliseer liefde vir die skool en haar mede-Oranjeniete. Sy is ‘n vrolike geel spatsel met ‘n alewige...

ONS HOOFBORGE

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Niel Theart):
E-pos: joostehuis@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 084-511-6263

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495