Net mooi die helfte van die Vrystaatse swemmers wat vir die Nasionale Opewaterswemkampioenskappe gekwalifiseer het, dra ’n pampoenrok skool toe.
Die Vrystaatspan van tien lede na Jeffreysbaai (19 tot 21 Maart) word oorheers deur Oranjeniete. Hulle is Cara Smook, Cara van der Bijl, Michaela van Rooyen, Miché Johns en Kayla Vorster.
Hulle gaan almal in die 3 km meeding. Michaela gaan ook die 5km aandurf. Daarbenewens is Miché in die A-span vir die aflos (4 x 1.25 km) en die twee Cara’s in die B-span.
Dis die derde agtereenvolgende jaar wat Miché die span haal. Sy was in 2019 ook vir die Suid-Afrikaanse span na Slowenië gekies.
Oranje het verlede jaar ses lede in die Vrystaat-span gehad en vyf in 2019.

Van links is Cara van der Bijl, Miché Johns, Cara Smook, Michaela van Rooyen en Kayla Vorster.