Ek dink as meeste mense die woord medies hoor, dink hulle “wow” of “sjoe, jy is braaf”, skryf Jana Uys.

Ek het die skaduweek by die Universiteit van die Vrystaat se Anatomiese Patologie Departement deurgebring. Ek het myself voorberei om die algemene liviete voorgelees te word: slegte ure, baie leerwerk, onmoontlike keuring en die swak gesondheidsdienste. Ek het in die wintervakansie in die teater gewerk, so ek was op die ergste voorberei.

Patologie is ’n spesialiteitsveld waarin mediese dokters die monsters van liggaamweefsel gebruik om ‘n prognose te maak.
Ek het soos baie mense gedink patologie is net ’n vervelige laboratoriumwerk, maar ek het die spesialiteit en sy uniekheid definitief onderskat. Bowenal het ek die dokters onderskat. Nie net vir hulle harde werk en deursettingsvermoë nie, maar vir die hoop wat hulle vir toekomstige dokters het. Hoewel ek wens ek kon elkeen se storie vertel, wil ek tog sê daar is hoop. Meer as hoop. Vir medies. Vir Suid- Afrika.

Moenie net opgee oor onmoontlike keuring nie. Soos die Engelsman sê: “There are many ways to kill a cat.” As jy wil medies wil swot, doen dit. Jy gáán daar uitkom. Ek het TED talk gekyk waarin die navorsingsprofessor Brené Brown dit vir my mooi alles opsom: Wees braaf genoeg om te weet jy kan misluk en nogsteeds daarvoor te gaan.
Vir die beroepslui wat positiwiteit oor ons jeug uitspreek; dankie. Vir die mense wat nie dieselfde positiwiteit kan uitdeel nie; ’n land se toekoms kan afhang van wat uit jou mond kom.
* Jana Uys is ’n gr. 11-leerder.

Jana Uys het haar skaduweek in patologie gedoen.