ATLETIEK

Inleiding:
Oranje se atlete neem individueel deel aan verskeie byeenkomste. Daar is ook ‘n paar geleenthede in die jaar waar Oranje ‘n span inskryf.

Geriewe en afrigters:
Die skool beskik nie oor die nodige geriewe om afrigting op die skoolterrein aan te bied nie. Daar is wel enkele geriewe vir die afrigting van worpe op die terrein.

Atlete oefen by afrigters in die stad en Oranje subsidieer sommige van hierdie afrigters.

Byeenkomste:
→ SA hoërskolebyeenkoms
→ Vrystaat hoërskole byeenkoms
→ ASA Vrystaat kampioenskap
→ Motheo/Xhariep Zone 1
→ Motheo/Xhariep hoërskole
→ Noord/Suid-byeenkoms in Paarl
→ Curro Podium Top 14-byeenkoms in Pretoria
→ TUT Curro Top 14-byeenkoms in Pretoria
→ NWU Top30-byeenkoms in Potchefstroom
→ Grey/Oranje-uitnodigingsbyeenkoms
→ Sentraal Top 20
→ HTS Louis Botha-uitnodigingsbyeenkoms
→ JP Botha Jim Fouché-uitnodigingsbyeenkoms

Het jy geweet?

Le Rouxhuis was ’n hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog en die 1ste skool-gebou en koshuis.

Die 1ste netbalspan, hokkiesspan én tennisspan was almal in 2022 die nasionale kampioen.

Die koor en Con Spirito-sanggroep het albei in 2023 hulle nasionale kompetisie gewen.

OMS was in 2021 17de nasionaal vir meeste onderskei-dings per leerder in die eindeksamen.

Oranje was die 1ste en lank die enigste skool in die land om drama as eksamen-vak aan te bied.