LANDLOOP

Inleiding:
Hulle sê vroumense wat baie praat het lang asems. Maar die term langasems is eintlik bedoel vir atlete soos ons landlopers wat ver afstande hardloop en ’n lang asem daarvoor benodig.

Toernooie en ligas:
Liga 1-6
Interprovinsiaal
Vrystaat kampioenskap
Nasionale kampioenskap
Hoër Meisieskool Bloemhof, Interskole (dié inter word met landloop begin waar die hele skool die landlopers ondersteun).

OMS-straatmyl:
Oranje se eie straatmyl word jaarliks einde Augustus by die skool aangebied. Die uitdagende roete met ’n paar bulte eie aan die skool, vind op die skoolgronde plaas.

Het jy geweet?

Le Rouxhuis was ’n hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog en die 1ste skool-gebou en koshuis.

Die 1ste netbalspan, hokkiesspan én tennisspan was almal in 2022 die nasionale kampioen.

Die koor en Con Spirito-sanggroep het albei in 2023 hulle nasionale kompetisie gewen.

OMS was in 2021 17de nasionaal vir meeste onderskei-dings per leerder in die eindeksamen.

Oranje was die 1ste en lank die enigste skool in die land om drama as eksamen-vak aan te bied.