SWEM

Inleiding:
Om te sê Oranjeniete is soos eende in die water en dat daar iets in die water by dié skool is, is beslis so. Ons is immers bekend as die Oranje-eende!

Een van die grootste jaarlikse hoogtepunte is die Midmarmyl-naweek na KwaZulu-Natal.

Geriewe, oefentye en afrigters:
Oranje beskik oor ’n swembad van 25 meter by die skool.
Tydens die swemseisoen word oefensessies soggens en smiddae by Oranje se swembad aangebied. Swemmers kan ook by ander klubs in Bloemfontein afrigting ontvang.

Jaarlikse galas:
→ Nuwelingsgala vir gr. 8’s
→ Interhuisgala
→ Grey-kollege gala
→ Midmarmyl
→ National Aquatic Festival
→ Interhoërgala
→ Interskole teen Bloemhof en Paarl Girls’/Paarl Gim
→ Menloparkgala

Het jy geweet?

Le Rouxhuis was ’n hospitaal tydens die Anglo-Boereoorlog en die 1ste skool-gebou en koshuis.

Die 1ste netbalspan, hokkiesspan én tennisspan was almal in 2022 die nasionale kampioen.

Die koor en Con Spirito-sanggroep het albei in 2023 hulle nasionale kompetisie gewen.

OMS was in 2021 17de nasionaal vir meeste onderskei-dings per leerder in die eindeksamen.

Oranje was die 1ste en lank die enigste skool in die land om drama as eksamen-vak aan te bied.