Oranje se leerders het hulle goed van hulle taak gekwyt op die eindronde van die radikale redenaarskompetisie in Pretoria deur drie eerste plekke in te ryg.

Vir die tweede agtereenvolgende naweek het Rehanjo Swanepoel met ’n eerste plek na Bloemfontein teruggekeer. Sy was eerste in Engels vir gr. 11’s. Verlede week het sy ’n eerste plek op die Oppie Tong Af-redenaarwedstryd in Afrikaans voorbereid vermag.

Helené Jansen van Rensburg (gr. 10) en Marné Clase (gr. 10) het ook beïndruk deur onderskeidelik in die tweetalige- en leesafdeling koning te kraai.
Clarissa Delport (gr. 11) het ’n tweede plek in die leesafdeling behaal.

Rehanjo en Clarissa het met Carmi du Plessis en Charlotte Doubell saamgespan om in die gr. 11-ouderdomsgroep ’n tweede plek in die spankompetisie agter hul name te skryf.
Die gr. 10’s Danielle Theron, Lida Seagreen en Nika Reinach het ’n derde plek in die spanafdeling verower.

Van links Carmi du Plessis, Rehanjo Swanepoel, Clarissa Delport en Charlotte Doubell het saamgespan om in die gr. 11-ouderdomsgroep ’n tweede plek in die spankompetisie agter hul name te skryf.

Die gr. 10’s (van links) Danielle Theron, Lida Seagreen en Nika Reinach het ’n derde plek verower.