Die Hoër Meisieskool Oranje se Rehanjo Swanepoel en Helené Jansen van Rensburg het albei ’n top drie posisie op die nasionale ronde van die Oppie Tong Af-redenaarwedstryd in Johannesburg behaal. Rehanjo was eerste vir gr. 11-leerders in Afrikaans voorbereid en Helené derde vir gr. 10’s in Engels voorbereid.

Daar was aanvanklik nagenoeg 6 000 inskrywings (hoër- en laerskole gekombineer) waarvan 640 na die nasionale ronde deurgedring het.

Rehanjo het gepraat oor hoe die kunste ’n samelewing se denke navigeer. Helené se onderwerp was “Social media is not a reliable news source”.

Rehanjo Swanepoel (links) en Helené Jansen van Rensburg.