Rehanjo Swanepoel, ’n gr. 11 leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje is met ’n spesiale toekenning op vanjaar se Vrystaatse Kunswedstryd vereer.
Rehanjo het dit in die afdeling voordrag en toneel ontvang. Sy het in verskeie dramadissiplines voordrag gelewer.
Die gr. 11 en gr. 12 se groepitem is as gesamentlike wenners in die drama en toneel-afdeling vir groepe aangewys. Die gr. 11 se groep het bestaan uit Hilda Olivier, Grieta Brummer, Kayla Reimers, Merize Koegelenberg, Rehanjo Swanepoel en Inge Greyling. Die gr. 12’s was Mia Moolman, Mia Pretorius, Carolyn van der Merwe, Inge Pieterse en Tahlita Heyns.
Al hierdie dramaleerders neem drama by die Petro Muller-ateljee.
In die musiek-afdeling het Anneri Bisschoff weggestap met die verering as beste individuele sangitem.
Die gr. 12 marimbagroep, bestaande uit Mia Moolman, Anneri Bisschoff, Megan Herbert en Louise Loeb van Zuilenberg was as die beste groep aangewys.

Rehanjo Swanepoel