Johané Janse van Rensburg van Oranje het die eerste Vrystaatse ruiter geword om al die medium-kampioenskappe in een jaar te wen.

Dit nadat sy in die onlangse skoolvakansie op die Suid- Afrikaanse jeugkampioenskap in Johannesburg as SA Junior Medium, SA Junior Medium Freestyle én SA Junior Prelim Freestyle kampioen gekroon is. Die gr. 11-leerder was as die SA Junior Medium Victrix Ludorum aangewys.

Die Vrystaat-span waarvan sy ’n lid was, het die SA Ope spankampioenskap gewen.

Johané Janse van Rensburg