Ses swemmers van Oranje het die kwalifiserende tyd afgelê om hulle plek op die Suid-Afrikaanse Junior- en Senior-swemkampioenskappe in Durban te bespreek.
Anieke Helmand (15) en Francisca van Rooyen (13) was die laaste twee om daarin te slaag en sluit hulle by Lize-Marié Davidson, Guilma Lausberg en Chloë le Roux aan wat van 11 tot 16 April in Durban op die junior-byeenkoms in aksie sal wees.
Sulinke van den Berg gaan van 4 tot 9 April op die senior-byeenkoms swem.
Sulinke, Chloë, Lize-Marié en Guilma het in Desember reeds hulle plekke verseker danksy hulle skittervertonings op die Vrystaat-kampioenskappe.