Sulinke van den Berg, Oranje se bobaas lewensredder het ’n allermintige ses provinsiale rekords op die naweek se Vrystaat lewensreddingkampioenskap verbeter.
Daarmee saam het sy nege goue medaljes in haar sak gesteek.

Miché Johns het self nege eerste plekke vermag. Sy, Chloë le Roux en Anri Nel het elk een Vrystaat-rekord opgestel.

Chloë het sewe goues en twee silwer vermag, Guilma Lausberg twee goud en ses silwer, Anri een goud, ses silwer en twee brons, Mia van der Mescht een goud, een silwer en twee brons en Chloë Cilliers een silwer en drie brons.

Die span na die nasionale kampioenskap (begin Mei) word eers later gekies. Sulinke het op verlede jaar se SA’s ’n nuwe nasionale rekord opgestel, was as die victrix ludorum vir meisies o.18 aangewys en het ses goue- en twee silwermedaljes ingeoes.