Nie minder nie as 17 netbalspelers van die Hoër Meisieskool Oranje is in die onderskeie Vrystaatse spanne opgeneem vir die All Ages-toernooi van 16 tot 18 Junie.
Die Vrystaat het drie spanne in elke ouderdomsgroep bekend as die Cheetahs, Jaguars en Lynx.
Oranje het die vorige twee jaar albei keer ook 17 spelers tot hierdie spanne gelewer.
Bianca Pienaar is die enigste speler in een van drie o.18-spanne. Pienaar wat vroeër vandeesmaand op die All Girls’ Festival wat deur Oranje vir ’n tweede agtereenvolgende jaar gewen is, as die beste doelskieter aangewys. Sy was ook op verlede jaar se All Ages-toernooi onder die top 35 spelers vir o.17’s aangewys.
Die ander spelers in die Vrystaatse spanne is:
o.17: Lisa Cronje, Jana Meyer en Carli Olivier; o.16: Esmaré Pretorius, Janine Moolman, Eilir Lindeque, Katiso Ralepeli; o.15: Zanelle Jansen van Rensburg, Lea Cronje en Simoné Terblanche; o.14: Roline Louw, Mienke Delport, Khanyisile Dumane, Karla Victor, Karli van Heerden en Refiloe Lesedi.

Bianca Pienaar