Elf leerders van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfointein het na vanjaar se eindronde van die nasionale radikale redenaarswedstryd deurgedring.
Slegs die beste twee redenaars in elke graad in elke afdeling sal na die eindronde, op 12 Oktober in Pretoria, reis. Die provinsiale ronde het voorverlede naweek (25/05) in Bethlehem plaasgevind.
Marné Clase het in albei die sprekers- en lees-afdeling uitgeblink.
Onder die sprekers sal sy (gr. 10, Engels), Grieta Brummer (gr. 11, Afrikaans), Rehanjo Swanepoel (gr. 11, Engels), Helené Jansen van Rensburg (gr. 10, tweetalig), Cara van der Bijl (gr. 8, Engels) en Megan Vorster (gr. 12, Engels) meeding.
In die lees-afdeling (prosa en poësie) het Clase, Mia Olivier (gr. 10), Carli Olivier, Clarissa Delport (albei gr. 11), Katelyn Visser en Mieke Louw (albei gr. 9) hulle plekke bespreek.

Die sewe redenaars van die Hoër Meisieskool Oranje wat na die eindronde van die nasionale radikale redenaarswedstryd deurgedring het, is van links, voor: Katelyn Visser, Mia Olivier en Marné Clase; agter: Mieke Louw, Rehanjo Swanepoel, Helené Jansen van Rensburg en Grieta Brummer. Afwesig: Cara van der Bijl, Carli Olivier, Clarissa Delport en Megan Vorster.