Oranje se drie hoofleiers gaan ’n besige jaar in 2020 hê.
Flo Truter is verlede week as Oranje se hoofdogter vir aanstaande jaar aangewys. Jaden Henney en Jana Meyer is die twee onderhoofdogters.
Flo is ook Brebner se hoofleidster. Jaden is die kaptein van die debat en Jana is Otto se hoofleidster én die netbalkaptein.
Nog twee besige bytjies volgende jaar is Rehanjo Swanepoel en Michelle Strydom. Rehanjo sal die leier van Con Spirito, koor en redenaars wees. Michelle sal die leisels vashou in VSCV en Vooruit.

Die res van die kapteine is:
KULTUUR
Con Spirito: Rehanjo Swanepoel
Debat: Jaden Henney
Koor: Rehanjo Swanepoel
Marimba: Grieta Brümmer
Orkes: Anke Rheeder
Redenaars: Rehanjo Swanepoel
VSCV: Michelle Strydom
Vooruit: Michelle Strydom

SPORT
Atletiek: Cora Groenewald
Duik: Annemé van Tonder
Hokkie: Mikkela le Roux
Landloop: Lienke Snyman
Netbal: Jana Meyer
Skaak: Oratile Rakumakoe
Swem: Sulinke van den Berg
Tennis: Inge Greyling
Tweekamp: Marianne du Plessis

HUISE
Boshoff: Leier: Katie Reimers; Onderleier: Miné Janse van Rensburg
Brebner: Leier: Flo Truter; Onderleier: Mariet Eloff
Fischer: Leier: Matilé Prinsloo; Onderleier: Gina Moolman
Otto: Leier: Jana Meyer; Onderleier: Carli Olivier

VRL
Volgende jaar se gr. 12 verteenwoordigende raad van leerders (VRL) is Roné Bresler, Christi Dempers, Carmi du Plessis, Marianne du Plessis, Jaden Henney, Anke Matthee, Jana Meyer, Truné Prinsloo, Michelle Strydom, Rehanjo Swanepoel, Flo Truter, Ivanke van Jaarsveld, Annemé van Tonder, Corlia Venter en Jana Uys.

KOSHUISE
Roné Bresler is die hoofmeisie van Joostehuis, Ané Steenkamp die onderhoof en Marianne du Plessis is Le Rouxhuis se hoofmeisie.
Die res van die koshuis-VRL is Anna Blom, Clarissa Delport, Charlotte Doubell, Cora Groenewald, Lihani Goosen, Miné Janse van Rensburg, Gizelle Naudé, Dorette Nel, Cara Raath, Katie Reimers, Anke Rheeder, Wilmari Steyn, Christine van Heerden, Elani van Pletzen en Maralize van Zyl.

Oranje se hoofleiers vir 2020 is van links Jana Meyer (onderhoofdogter), Flo Truter (hoofdogter) en Jaden Henney (onderhoofdogter).

Die ontvangers van die spesiale toekennings op Oranje se prysuitdeling is van links, voor: Monique Davidson (Pietie Coetzee-trofee vir die veelsydigste sportster), Rehanjo Swanepoel (Stofberg-trofee vir ’n uitsonderlike kultuurprestasies), Miché Johns (Sportambassadeurstrofee) en Arina Nicolaisen (Neels Heuhoff-trofee vir die beste sportprestasie); agter: Surené Fourie (Kuratorium se Bybel aan ’n matriekleerder wat volgens haar maats haar Christenskap die beste uitleef & Mea Rood-gedenktrofee vir ’n leerder wat Oranje se waardes die beste uitleef), Lize de Wet (Miléna Janse van Vuuren-trofee vir prestasie in leierskap, akademie, sport en kultuur), Lara Delport (Cailleigh Potgieter-wisseltrofee vir trots Oranje gr. 9). Afwesig: Megan van der Walt (Bettas Brümmer-gedenktrofee wat volgens haar koshuismaats ’n verskilmaker in Joostehuis is) en Oranje se eerste hokkiespan (Elsie van der Watt de Beer-skild vir beeldbouer).

Oranje se dux-leerders vir 2019 is onlangs aangewys en op die prysuitdeling vereer. Van links is Carien de Wet (gr. 8, 93,7%), Chrismie Smith (gr. 9, 94,6%), Chané Nel (gr. 10, 95,6%), Rehanjo Swanepoel (gr. 11, 94,3%) en Gabriela von Eschwege (gr. 12, 92,8%).