Nadat die Covid-19-pandemie Oranje se eerste hokkiespan in 2020 weerhou het van ’n agtste agtereenvolgende jaar as die nr. 1 span in die land, hoop hulle om vanjaar die teenstanders én die pandemie ore aan te sit.

Oranje het vir sewe jaar (tussen 2013 en 2019) klokslag as die voorste meisiespan in Suid-Afrika op die skoleranglys geëindig. In dié tydperk is slegs 8 nederlae in 332 wedstryde gely. Morné Odendaal is die afrigter.

Verlede jaar het die span uitstekend afgesit voor die hokkiejaar opgeskort is deur hul eerste vier wedstryde teen Oos-Kaapse skole met 9-2, 8-0, 13-1 en 19-0 te wen.

Daar is 11 oorblywende lede van verlede jaar se span. Hulle is Sumari Janse van Rensburg, Megan-Lee Myburgh, Ané Janse van Vuuren, Tuané van der Westhuizen, Leané McLaren, Irmarie Buys, Marlezé Hoffman, Nicóle le Roux, Naudene Prinsloo, Zoë Erasmus en Elné Lourens.

Die vier nuwelinge is Kayla Olivier, Mia Prinsloo, Germarie Spershott en Carien de Wet.

Die span word deur Ané aangevoer. Sy speel soos Megan-Lee, Irmarie en Sumari sedert 2018 vir die eerstes.

Die 15-tal bestaan uit drie matrieks (Sumari, Megan-Lee en Irmarie), sewe gr. 11’s (Zoë, Naudene, Nicóle, Ané, Leané, Marlezé, Tuané) en vyf gr. 10’s (Elné, Kayla, Germarie, Carien en Mia).

Die span speel Vrydag en Saterdag in Bethlehem.

Vrydag om 12:20 teen Witteberg en om 15:00 teen Eunice. Kyk dié twee wedstryde hier: https://digitv.co.za/#/video/24637/24637/live

Saterdag wag Sasolburg om 07:00 en Voortrekker om 10:00. Kyk dié twee wedstryde hier: https://digitv.co.za/#/video/24638/24638/live

Oranje se eerste span vir 2021 is van links Nicóle le Roux, Zoë Erasmus, Carien de Wet, Kayla Olivier, Elné Lourens, Megan-Lee Myburgh, Leané McLaren, Ané Janse van Vuuren (k), Tuané van der Westhuizen, Sumari Janse van Rensburg, Irmarie Buys, Mia Prinsloo, Marlezé Hoffman, Naudene Prinsloo en Germarie Spershott.