SPORT

Oranje het ’n baie trotse sporttradisie en glo in die beginsel dat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves. Oudpres. MT Steyn, Oranje se stigter, het reeds in 1907, die stigtingsjaar, ’n netbal-, tennis- en hokkiebaan aangelê.

Die volgende sportsoorte word hier aangebied:

Ons spanne behaal uitstekende uitslae en eindig jaarliks as kampioen in verskillende ligas, kompetisies en toernooie. So is Oranje se eerste hokkiespan al vir etlike jare die land se voorste span.

Oranje beskik oor toegewyde en professionele afrigters en maak ook van goed gekwalifiseerde buite-afrigters gebruik. Afgesien van die plaaslike ligawedstryde, word daar ’n wye verskeidenheid geleenthede vir deelname oor die land land heen geskep.

Die skool neem ook jaarliks aan minstens drie interskolebyeenkomste deel, onder meer teen Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria (in Mei), Collegiate High School for Girls in Port Elizabeth (in Julie) en die Hoër Meisieskool Bloemhof (in Augustus).

Alhoewel ons baie trots is op ons nasionale en provinsiale sportlui, is die skep van geleenthede vir almal ’n groot prioriteit. Daarom word deelname hier sterk aangemoedig.

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495