ATLETIEK

Inleiding:
Oranje se atlete neem individueel deel aan verskeie byeenkomste. Daar is ook twee geleenthede in die jaar waar Oranje ‘n top 10-span inskryf. Hierdie span word gekies op grond van die huidige seisoen se prestasies en punte volgens die Absa-tabel.
Atlete word aangemoedig om aan soveel moontlik byeenkomste deel te neem om die nodige blootstelling te kry.

Onlangse prestasies:

► 2021: Oranje se atlete het vir 8 goue medaljes, 8 silwer en 7 brons op die Vrystaat-atletiekkampioenskappe gesorg. 

► 2021: Vir die tweede agtereenvolgende jaar word ’n rekordaantal van 14 Oranje-atlete in die Vrystaatspan opgeneem vir die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskappe.

► 2021: Oranje se atlete het met 2 goue-, 2 silwer- en 2 bronsmeldajes van die Nasionale o.16-, o.18- en o.20-atletiekkampioenskappe teruggekeer. Johani van Tonder en Marilet Blom het 1ste plekke behaal, Germarie Spershott en Carlé Stockenström het silwermedaljes verower. Germarie en Roline Louw het ook ’n bronsmedalje in die aflos vermag.

► 2021: Oranje se atletiekspan het die B-afdeling van die NWU Top30-byeenkoms in Potchefstroom gewen.

► 2021: Ses atlete van Oranje het op die JP Botha JF-byeenkoms sewe rekords op die byeenkoms, sommige so oud as 14 jaar, oortref.

► 2020: ’n Rekordaantal 14 atlete word in die Vrystaatspan ingesluit.

► 2020: Oranje verower die tweede meeste medaljes op die Vrystaat hoërskole-kampioenskappe (uit 201 deelnemende skole). Vyf provinsiale rekords word verbeter (twee deur Charné Wansbury in die 100m en 200m vir o.15’s).

► 2020: Beste meisiespan en nie-amptelike wenner Sentraal se Top 20-byeenkoms.

► 2019: Germarie Spershott verbeter die rekord in die 300m-hekkies (o.14) op Atletiek Suid-Afrika se sub-jeug interprovinsiale byeenkoms.

► 2019: Tien atlete haal die Vrystaatspan na die SA’s waar Johani van Tonder (o.15) goud vat in die driesprong. Enid Bezuidenhoudt (o.19) eindig derde in die gewigstoot.

► 2019: Vyf rekords word deur Oranjeniete op die Vrystaat-byeenkoms opgestel (twee deur Charné Wansbury in die 100m en 200m vir o.14’s).

Geriewe, oefentye en afrigters:
Die skool beskik nie oor die nodige geriewe om afrigting op die skoolterrein aan te bied nie.
Daar is wel enkele geriewe vir die afrigting van worpe op die terrein.
Atlete oefen by afrigters in die stad en Oranje subsidieer sommige van hierdie afrigters. Dit is deel van die sportorganiseerder en die atletiekorganiseerder se taak om leerders wat nie afrigting ontvang nie na die regte afrigters te kanaliseer.

Byeenkomste:
→ Motheo/Xhariep Zone 1
→ Motheo/Xhariep hoërskole
→ Sentraal Top20
→ Ligabyeenkomste
→ NWU Top30-byeenkoms
→ ASA Vrystaat kampioenskap
→ Vrystaat hoërskole byeenkoms
→ HTS Louis Botha-uitnodigingsbyeenkoms
→ SA hoërskolebyeenkoms
→ Grey/Oranje uitnodigingsbyeenkoms
→ JP Botha Jim Fouché-uitnodigingsbyeenkoms

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495