HOKKIE
Inleiding:
Hokkie is by Oranje ’n sportsoort met groot diepte en is een van die skool se fakkeldraer-sportsoorte met die eerstespan wat nou al etlike jare as die land se beste eerstehokkiespan gereken word. Twee Europese oorsese toere (2009 en 2013) is al onderneem.
Onlangse prestasies:
► 2021: Drie oud-Oranjes, Mikkela le Roux, Saré Laubscher en Jacolene McLaren word vir die Suid-Afrikaanse o.21-hokkiespan vir die Junior Wêreldbeker gekies.
► 2021: Oranje se o.17A-hokkiespan het die Topskole-toernooi in die Paarl oorheers en dit ’n tweede agtereenvolgende keer onoorwonne afgesluit.
► 2020: Mikkela le Roux sowel as die oudleerders Saré Laubscher en Jacolene McLaren speel vir SA o.21’s.
► 2020: Truné Prinsloo, Mikkela le Roux en Matilé Prinsloo word vir SA o.18-span gekies.
► 2019: Mikkela le Roux (o.18A), Amori Roos (o.18B), Truné Prinsloo, Matilé Prinsloo (albei o.17), Ané Janse van Vuuren, Tuané van der Westhuizen en Nicóle le Roux (almal o.16) word vir SA skolespanne gekies.
► 2019: Die oudleerders Mia Barnard en Saré Laubscher speel vir die SA o.21-span.
► 2022, 2019, 2014-2017: Wenner van die Super 12-toernooi.
► 2013-2018: Wenner van All Girls Schools’ Festival.
► 2013-2022: Oranje se eerstespan sluit jaarliks af as die nommer een span in die land volgens die SA-ranglys.
► 2022, 2019, 2014-2017, 2008: Wenner van St. Mary’s-hokkietoernooi.
► 2019: Oranje lewer 40 spelers tot die Suid-Vrystaatse spanne.
► 2022, 2013-2019, 2006-2009: Wenner van die Vrystaatbeker.
► 2018: Carienke Jacobs, Jacolene Mclaren (albei o.18A), Saré Laubscher (o.18B), Mikkela le Roux en Truné Prinsloo (albei o.16A) word vir SA skolespanne gekies.
► 2018: Saré Laubscher sowel as die oudleerders Mia Barnard en Simoné Gouws word vir die SA o.21-span gekies.
► 2018: Simoné Gouws maak haar Protea-buiging.
► 2017: Mia Barnard, Simoné Gouws, Lizanne Jacobs, Sonika van Heerden (almal o.18) en McLaren (o.17) word vir SA skolespanne gekies.
► 2016: Minke van Heerden (o.18A), Mariné Kock (o.18B), Simoné Gouws en Lizanne Jacobs (albei o.17) word vir SA-skolespanne gekies.
► 2015: Cornelle Botha maak haar Protea-buiging.
► 2013-2015: 1ste span onoorwonne in 98 wedstryde.
Geriewe, afrigters:
Oranje beskik sedert 2007 oor ’n sintetiese astrobaan wat in 2018 ’n nuwe speeloppervlak gekry het. Al die spanne oefen of op die astro of die aangrensende mini-astro. Die meeste van die skool se wedstryde vind ook op die astro plaas.
Die eerstespan word vanaf 2022 deur Gyster van Schalkwyk gebrei.
Toernooie en ligas:
St. Mary’s-hokkietoernooi
All Girls Schools’ Festival
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria, Interskole
Vrystaatbeker
Collegiate Girls’ High School, Interskole
Hoër Meisieskool Bloemhof, Interskole
FNB Private Wealth Super12-hokkietoernooi
Paarl Gimnasium o.16-toernooi
Diocesan School for Girls o.14-toernooi
Super12-hokkietoernooi:
Oranje bied sedert 2014 hierdie toernooi aan waaraan die voorste tien spanne in die land in daardie stadium deelneem.
Vorige wenners:
2020: Geen toernooi
2019: Oranje
2018: Menlopark
2017: Oranje
2016: Oranje
2015: Oranje
2014: Oranje
Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395