LANDLOOP
Inleiding:
Oranje se landloopatlete oefen toegewyd en presteer baie goed, wat jaarliks op die Suid-Afrikaanse kampioenskap ten toon gestel word. Sy deelnemerstal oorskadu dié van alle ander skole.
Onlangse prestasies:
2019: Oranje se o.17-span wenners van die Bloemfontein-landloopliga. Die spanlid Lienke Snyman verower goue medalje. OMS se o.16’s en o.22’s eindig tweede.
2019: Twee landlopers neem aan SA’s deel. Tammy Cloete (o.23) eindig 45ste en Annika Krause (o.16) 47ste.
2018: Lienke Snyman behaal goud in die o.16-afdeling van die Bloemfontein-landloopliga. Monique Davidson was tweede in die o.17-afdeling en Annika Krause derde onder die o.14’s.
2018: Oranje se o.17’s en o.16’s behaal albei eerste plekke in die spankompetisie van die Bloemfontein-landloopliga.
2017: Zelda van der Merwe eindig eerste in die o.22-afdeling van die Bloemfontein-landloopliga. Marieke le Roux silwer (o.17) and Mizan Viljoen brons (o.19).
2017: Oranje behaal eerste plekke in die spankompetisie van die Bloemfontein-landloopliga in die o.17-, o.16- en o.15-ouderdomsgroepe.
Geriewe, oefentye en afrigters:
Ligas (o.15 tot o.17) is Vrydae om 16:40. o.19’s neem om 17:00 in die vroue o.22-afdeling deel. Die bussie vertrek 15:45 vanaf Joostehuis.
Daar word Maandae tot Donderdae geoefen van 15:00 tot 16:00; 16:00 tot 17: 00 of 17:00 tot 18:00 by Pelliespark by die Universiteit van die Vrystaat geoefen en die atlete word deur mnr. DB Prinsloo en mev. Sarina Cronjé afgerig.
Toernooie en ligas:
Liga 1
Liga 2
Interprovinsiaal (Kimberley)
Liga 3
Liga 4
Liga 5
Liga 6
Vrystaat kampioenskap
Suid-Afrikaanse kampioenskap
Hoër Meisieskool Bloemhof, Interskole
OMS-straatmyl:
Die OMS-straatmyl word sedert die middel 1990’s jaarliks op die laaste Donderdag in Augustus by die skool aangebied wat groot getalle hardlopers lok. Die uitdagende roete met ’n paar bulte eie aan die skool, vind op die skoolgronde plaas.
Baie hardlopers van die Bloemfontein-streek, asook heelwat atlete van die Kovsies en die HTS Louis Botha ding mee.
Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395