NETBAL
Inleiding:
By Oranje glo ons dat ons vir elke dogter die beste moontlike geleentheid wil bied om aan sport, in die geval netbal, deel te neem.
Die skool beskik oor etlike spanne wat elke seisoen wedstryde speel. In gevalle waar daar nie teenstanders vir die laer spanne in die liga is nie, word vriendskaplike wedstryde gereël.
Onlangse prestasies:
► 2019: Die eerste span eindig 13de in Suid-Afrika, die o.14’s was die land se naasbeste span en die o.17’s en o.16’s albei tiende.
► 2019: Die eerste span is die eerste keer ooit die Vrystaatse kampioen. Vier Oranje-spanne (o.14, o.16, o.17 en o.18) is die provinsiale wenners.
► 2019: Dertien van die die skool se spanne was die Motheo-kampioen.
► 2019: Janine Moolman speel vir die SA o.16-span. Bianca Pienaar (o.18) en Carli Olivier (o.17) haal die Top 35-groep.
► 2015 + 2018-2019: Wen die National All Girls’ Festival en sluit toernooi onoorwonne af.
► 2019: Agtien Spelers word vir Vrystaat-spanne gekies.
► 2018: Oranje se o.18-, o.17- en o.16-span eindig almal onder die voorste 18 spanne in die land.
► 2018: Oranje se o.17A- en o.16A-spanne is die Vrystaatse kampioen. Die o.19A-span is die naaswenner en die o.15’s derde.
► 2018: Chantelle Hutton en Kailah Ferreira speel vir die SA o.18-span (Oranje is die enigste skool met twee leerlinge in dié span).
► 2018: Carli Olivier en Wilmi van Heerden speel vir die SA o.16-span (Oranje is die enigste skool met twee leerlinge in dié span).
► 2018: Bianca Pienaar word ingesluit in die top 35 spelers op SA’s.
► 2018: Lisa Cronje word ingesluit in die top 35 spelers op SA’s.
► 2018: 17 Spelers word vir Vrystaat-spanne gekies.
► 2017: Oranje se o.17-, o.16-, o.15- en o.14-spanne eindig onder die voorste 17 spanne in Suid-Afrika.
► 2017: 17 Spelers word vir Vrystaat-spanne gekies.
► 2014: Oranje se o.17’s is Suid-Afrika se naasbeste o.17-skolenetbalspan.
► 2014: Eerste span naaswenner van die All Girls festival.
► 2013: Oranje se o.18’s eindig vierde op die nasionale skolekampioenskap.
► 2013: Eerste span wen die All Girls festival.
Geriewe, oefentye en afrigters:
Die skool beskik oor ses bane. Daar word elke dag van Maandae tot Donderdae geoefen.
Oranje betrek van die heel beste afrigters en konsultante. Sulke voorbeelde is Burta de Kock (voormalige Protea-afrigter) en Karla Pretorius (Speler van die Toernooi by die 2019 Wêreldbekertoernooi).
Toernooie, ligas en byeenkomste:
Motheo-netballiga (Bloemfontein)
Vrystaatdag (Alle distrikte se top 2 spanne in onderskeie ligas ding mee om die Vrystaatbeker)
SA skolenetbalkampioenskap (die land se topskole van elke provinsie ding mee om die land se kampioene te wees)
Hoërskool Fichardtpark-sportdag
Duineveld en Upington vriendskaplik
Waterklooftoernooi
National All Girls’ Schools Festival
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria, interskole
Collegiate Girls’ High School, interskole
Hoër Meisieskool Bloemhof, interskole
Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395