SWEM

Inleiding:
Swem is een van die tradisieryke aktiwiteite onder Oranjeniete. Deur hul toewyding en motivering verseker die swemmers dat Oranje jaarliks in die swembad uitblink. Oranje het ’n tradisie van swemsukses binne ’n netwerk waar swemmers mekaar aanmoedig en ondersteun.

Swem, opewaterswem en lewensredding word by Oranje onder aquatics aangebied, elk met ‘n spesifieke afrigter.

Onlangse prestasies:

► 2022: Oranje kampioen vir meisiespanne op Interhoër-swemgala.

► 2022: OMS eindig 5de op die National Aquatic Festival (Top-10 skolegala).

► 2021: Lize-Marié Davidson behaal ’n 15de plek in die Midmarmyl vir vroue 14-30 jaar.

► 2021: 5 (uit 10) lede haal die Vrystaatspan na die Nasionale Opewaterkampioenskappe. Hulle is Cara Smook, Cara van der Bijl, Michaela van Rooyen, Miché Johns en Kayla Vorster.

► 2021: 11 Oranje-swemmers, meer as enige ander jaar in die laaste dekade, kwalifiseer vir die Junior en Senior Nasionale kampioenskappe. Die 11 is Francis Whelan, Nanette Jordaan, Francisca van Rooyen, Emma Terblanche, Anieke Helmand, Cara van der Bijl, Anandi Botha, Miché Johns, Danielle Joubert, Guilma Lausberg en Lize-Marié Davidson.

► 2021: Guilma Lausberg, Lize-Marié Davidson, Emma Terblanche en Francisca van Rooyen behaal almal 1ste plekke op die Senior Nasionale Swemkampioenskappe.

► 2021: 6 Oranjeniete is onder die top10 op die amptelike SA ranglys – Lize-Marié Davidson (3 items), Guilma Lausberg (5 items), Anieke Helmand (1 item), Francisca van Rooyen (2 items), Michaela van Rooyen (3 items), Nanette Jordaan (1 item).

► 2021: Guilma Lausberg is die victrix ludorum vir meisies o.16 in die swembad op die nasionale lewensreddingkampioenskap.

► 2020: Sewe swemmers, Anri Nel, Sulinke van den Berg, Miché Johns, Chloë le Roux, Lize-Marié Davidson, Cara van der Bijl en Loraine van den Heever kwalifiseer vir Nasionale Opewaterswemkampioenskap. Chloë behaal ’n derde plek.

► 2020: Oranje kampioen vir meisiespanne op Interhoër-swemgala. Die ouderdomsgroepe 14-, 15- en 16-jaar wen hul ouderdomsgroep. Lize-Marié Davidson (17) en Chloë le Roux is hul ouderdomsgroep se beste swemmers.

► 2020: Ses swemmers, Anieke Helmand, Francisca van Rooyen, Lize-Marié Davidson, Guilma Lausberg, Chloë le Roux en Sulinke van den Berg kwalifiseer vir Suid-Afrikaanse Junior- en Senior-swemkampioenskappe.

► 2020: Sulinke van den Berg verbeter ses provinsiale rekords en verower nege goue medaljes op Vrystaat Lewensreddingkampioenskap.

► 2020: Miché Johns behaal nege goue medaljes op Vrystaat Lewensreddingkampioenskap.

► 2020: Nege Oranjeniete, Sulinke van den Berg, Guilma Lausberg, Chloe Cilliers, Anri Nel, Chloë le Roux, Lara Delport, Miché Johns, Mia le Roux en Mia van der Mescht gekies vir Vrystaatse lewensreddingspan.

► 2020: Guilma Lausberg en Chloë le Roux vir Junior Protea-lewensreddingspan gekies.

► 2020: OMS eindig vierde op die National Aquatic Festival (Top-10 skolegala).

► 2020: Vyf swemmers – Chloë le Roux (12de), Lize-Marié Davidson (14de), Sulinke van den Berg (17de), Guilma Lausberg (19de) en Miché Johns (23ste) – was onder die eerste 23 swemmers in die afdeling 14 tot 30 jaar van die Midmarmyl. Francisca van Rooyen was sesde in die afdeling 13 jaar en jonger.

► 2020: 4 Swemmers, Sulinke van den Berg, Guilma Lausberg, Anieke Helmand, Mia van der Mescht, die voorste deelnemer in hul ouderdomsgroep op Vrystaat-kampioenskappe.

► 2019: Chloë le Roux en Lize-Marié Davidson wen elk vier goues en een silwermedalje op die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe. Een van Chloë se eerste plekke, in die 400m-vryslag, was in ’n rekordtyd.

► 2019: Sulinke van den Berg help die Suid-Afrikaanse span tot ’n goue medalje in die spanaflos op die Commonwealth festival of lifesaving in Engeland.

► 2019: Oranje eindig derde op die Menlopark-uitnodigingsgala.

► 2019: Chloë le Roux en Miché Johns swem vir die Suid-Afrikaanse opewater-span in Frankryk en Slowenië onderskeidelik.

► 2019: Miché Johns word as Victrix Ludorum vir dogters 13 jaar op die nasionale opewater-kampioenskap aangewys.

► 2019: Sulinke van der Berg stel ’n nuwe SA rekord op die nasionale lewensreddingkampioenskap op en word as die Victrix Ludorum (meisies 17 jaar) aangewys. Miché Johns (dogters 13 jaar) en Chloë le Roux (dogters 15 jaar) is ook albei hul ouderdomsgroep se Victrix Ludorum.

► 2019: Vyf swemmers haal die eindronde op die Nasionale junior byeenkoms met Lize-Marie Davidson (ses eindrondes), Chloë le Roux (ses), Sulinke van den Berg (sewe), Guilma Lausberg (drie) en Samantha Straw (agt) wat almal vir die SA jeugkampioenskappe kwalifiseer.

► 2019: Lize-Marie Davidson behaal twee silwermedaljes op die SA jeugkampioenskappe.

► 2019: Oranje eindig derde onder die meisieskole op die National Aquatic Festival (Top 10-skolegala).

► 2015-2019: Wenner van die meisieskole op die Interhoërgala.

► 2019: Agt swemmers is na die Nasionale kampioenskappe (vlak 2- en 3).

► 2019: Vyf swemmers neem deel aan die nasionale opewaterswemkampioenskappe waar Chloë le Roux die beste vaar deur ’n vyfde plek in die ouderdomsgroep 15 tot 16 jaar te behaal.

► 2018: OMS eindig tweede op die National Aquatic Festival (Top-10 skolegala).

► 2018: Tweede plek op die Menlopark-uitnodigingsgala.

► 2018: 14 swemmers verteenwoordig die Vrystaat op die SA-skolebyeenkoms.

► 2018: Tien swemmers is na die Nasionale kampioenskappe (vlak 2- en 3).

► 2018: Vyf swemmers kwalifiseer vir die Nasionale junior- en jeugkampioenskappe.

► 2018: Vier swemmers neem deel aan die nasionale opewaterswemkampioenskappe deel waar Chloë le Roux en Guilma Lausberg onderskeidelik derde en vierde in hulle ouderdromsgroep eindig.

► 2018: Sulinke van den Berg word vir die nasionale lewensreddingspan gekies wat aan die Wêreldkampioenskappe in Australië deelgeneem het en ‘n bronsmedalje verwerf het.

► 2017: Eindig tweede op die Menlopark-uitnodigingsgala.

► 2016-2017: Algehele wenner van meisieskole op die National Aquatic Festival (Top-10 skolegala).

► 2015: Wenner van die Menlopark-uitnodigingsgala.

Geriewe, oefentye en afrigters:
Oranje beskik oor ’n swembad van 25 meter by die skool.
Tydens die swemseisoen word oefensessies vier keer per week by Oranje se swembad deur mnr. Simon Gray, ’n professionele swemafrigter, aangebied. Swemmers kan ook by ander klubs in Bloemfontein afrigting ontvang.
Gray word deur mnr. Niel Theart, mevv. Marlene Cloete en Dorothy Coetzee bygestaan om die dogters aan te moedig om hul talent te kweek en te ontwikkel. Mev. Tronel van der Walt rig die lewensredders af.
Deelname is van uiterse belang om die dogters voor te berei om sosiaal te ontwikkel. Daar neem ongeveer 150 swemmers jaarliks aan die Midmarmyl deel.

Jaarlikse galas:
Nuwelingsgala vir gr. 8’s en nuwelinge
Interhuisgala
Grey-kollege gala
Midmarmyl
Pretgala met Grey-kollege
Menlopark-gala
National Aquatic Festival
Interhoërgala
Nasionale Opewaterswemkampioenskappe
Vrystaat Lewensreddingkampioenskappe
Nasionale Lewensreddingkampioenskappe

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495