TENNIS
Inleiding:
By Oranje is tennis nie net ’n individuele sport nie, maar ook ’n spansport. Hierdie stelling kan aan jare lange uitstekende prestasies gemeet word.
Die eerste tennisspan het Suid-Afrika al op die Wêreldbekertoernooi vir skole verteenwoordig. Dit is ’n bewys van toegewyde spelers, gehalte-afrigting en genoegsame geleenthede.
Ons probeer om elke drie tot vier jaar vir die spelers die geleentheid skep om na Engeland te toer. Dit word dieselfde tyd as die Wimbledon-tennistoernooi gedoen. Wedstryde word teen plaaslike teenstand beslis en drie dae word opsy gesit om die professionele spelers by Wimbledon in aksie te sien.
Onlangse prestasies:
► 2021: Oranje se o.16-tennisspan die Suid-Afrikaanse kampioen.
► 2021: Liné Greyling haal SA o.19-span.
► 2021: Donna le Roux haal SA o.14-span.
► 2021: Ansoné Theron die SA o.14-dubbelskampioen.
► 2021: Donna le Roux die SA o.14-kampioen. Liné Greyling eindig 4de (o.18).
► 2021: Ses tennis vir Vrystaat-spanne gekies.
► 2019-2020: Wenners van die Tjaart Vorster-toernooi.
► 2011-2018: Wenners van die Absolut Menlo-tennistoernooi, naaswenners in 2019.
► 2018, 2015, 2013, 2012: Wenners van die Amanda Coetzer-toernooi.
► 2019, 2012-2017: Wenners van die All Girls-toernooi.
► 2012-2015: Wenners van die Gerrie Berner-toernooi, naaswenners 2016-2020.
► 2019: Twee SA o.18-spelers (Linge Steenkamp en Carmen Fichardt).
► 2018: Linge Steenkamp en Carmen Fichardt (SA o.18-skolespan)
► 2018: Kristen Fichardt (SA o.15-skolespan)
► 2018: Agt spelers verteenwoordig die Vrystaat
► 2018: Gina Moolman (Namibië o.18), Linge Steenkamp (SA o.18), Liné Greyling (SA o.14).
► 2017: Twee SA-spelers (Linge Steenkamp, Gizelle Naudé)
► 2017: Ses Vrystaat-spelers.
Geriewe, oefentye en afrigters:
Die skool beskik oor agt bane.
Spelers word in drie groepe verdeel:
Top 20-spelers: Maandae (16:00-17:30) en Dinsdae (14:00-15:00). Afrigter: Mev. Isabel Fichardt.
Nr. 21-50 op ranglys: Dinsdae (15:00-16:00) en Donderdae (14:00-15:00). Organiseerder: mej. Andrea Liebenberg.
Graad 8-spelers: Maandae (15:00-16:00) en Donderdae (15:00-16:00). Afrigters: Byron Wegger en PW Holtzhausen.
Ongeveer 90% van die tennisspelers kry private tennisafrigting by Gustav Fichardt Tennis se afrigtingspan. Hulle rig op Oranje se tennisbane af.
Toernooie, ligas en byeenkomste:
Mangaung-tennisliga (Bloemfontein)
Tjaart Vorster-toernooi (Cradock)
Gerrie Berner-toernooi (Paarl)
Hoërskool Fichardtpark-sportdag (Bloemfontein)
National All Girls’ Schools Festival
Amanda Coetzer-tennistoernooi (Bloemfontein)
Absolut Menlo-tennistoernooi (Pretoria)
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria se o.15-tennistoernooi (Pretoria)
Bethlehem Hoërskoletennistoernooi (Bethlehem)
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria, Interskole
Collegiate Girls’ High School, Interskole
Hoër Meisieskool Bloemhof, Interskole
Amanda Coetzer-tennistoernooi:
Die toernooi is eie aan Oranje en na ’n oudleerder genoem. Amanda Coetzer, wat ’n professionele tennisspeler was, is deel van die trotse tennistradisie by Oranje en is ’n groot aansporing vir ons tennisspelers.
Hierdie toernooi is vir die eerste keer in 1998 aangebied en word as een van die beste en sterkste toernooie vir dogters in die land gereken. Slegs agt skole word genooi. Daar is ’n o.18- en o.15-afdeling.
Onlangse wenners:
o.18:
2020: Geen toernooi
2019: Hoër Meisieskool Bloemhof
2018: Hoër Meisieskool Oranje
2017: Hoër Meisieskool Bloemhof
2016: Hoër Meisieskool Bloemhof
2015: Hoër Meisieskool Oranje
2014: Hoër Meisieskool Bloemhof
2013: Hoër Meisieskool Oranje
2012: Hoër Meisieskool Oranje
o.15:
2020: Geen toernooi
2019: Hoër Meisieskool Bloemhof
2018: Hoër Meisieskool Oranje
2017: Hoër Meisieskool Oranje
Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395