Sulinke van den Berg het op die nasionale lewensreddingkampioenskap in Port Elizabeth ’n nuwe SA rekord, vier goue- en twee silwermedaljes in die swembad behaal en is daarmee saam as die victrix ludorum vir meisies o.17 aangewys. In see het sy twee goud in surfswem en hardloop-swem-hardloop behaal.
Nog drie leerlinge, Guilma Lausberg, Lara Delport en Lize Loots het ook aan die SA’s meegeding. Guilma het twee goue-, een silwer- en vyf bronsmedaljes verower.

Sulinke van den Berg