051 – 4474681 admin@oranjemeisies.co.za

Tammy Cloete het 45ste en Annika Krause 47ste op Saterdag se Nasionale Landloopkampioenskap in Pretoria geëindig.

Annika het in die o.16-ouderdomsgroep deelgeneem waarin 92 hardlopers aangetree het. Sy het die 4km in ’n tyd van 16:53 voltooi.
Tammy, wat ’n vierde agtereenvolgende jaar die Vrystaat verteenwoordig het, het in die moeiliker ouderdomsgroep, o.23, gehardloop waarin 54 atlete meegeding het. Haar tyd was 17:45.

Die derde Oranjeniet wat vir die kampioenskap gekwalifiseer het, Miché Johns, kon nie na Pretoria reis nie. Sy was in die buiteland vir ander sportdeelname.
Al drie het onder die voorste 13 atlete in hulle ouderdomsgroep op die provinsiale kampioenskap geëindig.

Benewens hul vertonings op dié kampioenskap moes hulle aan minstens vier van die ses ligabyeenkomste meegeding het om vir die Vrystaatse span oorweeg te word.

Annika Krause

Ons Skool

Die C&N Meisieskool Oranje in Bloemfontein is ’n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi.

Lees meer...


Kultuur

Oranje is ‘n skool waarin die kultuurbedrywighede net so belangrik soos die sportbedrywighede is. 

Lees meer...


Sport

Oranje beskik oor toegewyde en professionele afrigters en maak ook van goed gekwalifiseerde buite-afrigters gebruik. 

Lees meer...