051 – 4474681 admin@oranjemeisies.co.za

Die twee Oranjeniete wat verlede week aan die Laserrun Wêreldkampioenskap deelgeneem het, het dit albei tot by die finale ronde gemaak. Miché Johns en Anina Groenewald, albei gr. 8’s, was vir die Suid-Afrikaanse span in Hongarye in aksie.

Daar was in totaal sowat 600 deelnemers in die laserrun, ’n sport waarin daar gehardloop en gekiet word. Die spoed waarteen die atlete skiet, bepaal hoe vinnig hulle na die volgende ronde kan begin hardloop. Die atlete hardloop elke keer 400m, skiet van ‘n afstand van 5m en herhaal die skiet-hardloop vier maal.

Miché het algeheel 10de en Anina 23ste geëindig. In hulle ouderdomsgroep (o.15) het 41 altlete van 53 lande meegeding.
Sondag het Miché in ’n gemengde aflos saam met ’n spanmaat tweede gekom. Anina en haar spanmaat was sewende.

Anina Groenewald (links) en Miché Johns in Hongarye.

Anina Groenewald mik in die laserpistoolskiet na die teiken van ’n afstand van 5m.

 

Ons Skool

Die C&N Meisieskool Oranje in Bloemfontein is ’n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi.

Lees meer...


Kultuur

Oranje is ‘n skool waarin die kultuurbedrywighede net so belangrik soos die sportbedrywighede is. 

Lees meer...


Sport

Oranje beskik oor toegewyde en professionele afrigters en maak ook van goed gekwalifiseerde buite-afrigters gebruik. 

Lees meer...