Vir die derde keer in vier jaar sal Oranje se Guilma Lausberg en Chloë le Roux saam na die buiteland vir sportdeelname reis.
Hulle is in die Junior Protea-lewensreddingspan ingesluit. Die span sal aan die Spaanse internasionale VII ope op 9 en 10 Mei meeding. Guilma (16) en Chloë (15) is twee van vyf lede onder die junior vroue.
Dis die eerste keer wat hulle twee nasionale kleure in lewensredding behaal. Die twee het op die onlangse Vrystaat lewensreddingkampioenskap uitgeblink waar Chloë sewe goue medaljes en twee silwer vermag het. Guilma het twee goud en ses silwer behaal.
Hulle was in 2017 en in 2018 na Mauritius en Slowenië onderskeidelik as lede van die Suid-Afrikaanse opewaterspan.

Chloë le Roux (links) en Guilma Lausberg sal in Mei vir die SA junior lewensreddingspan meeding.