ALGEMEEN
* Mia Olivier (gr. 12) is die wenner van die Sentrale Universiteit van Tegnologie se Entrepreneuriese Matrikulant van die Jaar-kompetisie. Sy het dit gewen met haar opsommings-besigheid.
RUITERKUNS
* Die ruiters Jazelle Strydom en Wilana Wolfaardt het eerste plekke in die Suid-Afrikaanse saalperdkampioenskap verower. Jazelle was eerste in die Kampioen vyfgang 15.1 hand en onder en Wilana was die wenner in die afdeling Natuurlike maanhare en stert vir ruiters 18 jaar en onder.
REDENAARS
* Vier leerders het deurgedring na die nasionale ronde van die Oppie Tong Af Redenaarswedstryd. Hulle is Kayla Hogewind (gr. 8), Kamryn Lowe (gr. 9), Marita Oosthuizen (gr. 11) en Vianke Herbst (gr. 12).
* Agt leerders het deurgedring na die nasionale ronde van die Radikale Redenaarswedstryd. Hulle is Kayla Hogewind (gr. 8), Anika Labuschagne (gr. 9), Yannique Human (gr. 9), Kamryn Lowe (gr. 9), Mieke Louw (gr. 11), Charlize Visser (gr. 11), Heléne Janse van Rensburg (gr. 12) en Marné Clase (gr. 12).
TENNIS
* Donna le Roux was vir die Suid-Afrikaanse o.14-tennisspan gekies wat in Junie aan die Afrika Junior Spankampioenskap sou deelneem.
DRAMA
* Twee Oranjeniete, Kristen Fichardt en Ancois Bodenstein, is deur na die top 20 in die ATKV-DigiToneel waarin nuutgeskrewe monoloë ingeskryf kon word.
* Vier leerders van Oranje het as finaliste in Dramaweb SA se aanlyn-dramakompetisie hulle talente tentoongestel. Helené Jansen van Rensburg en Marlé Strauss, twee matrieks, was in die Afrikaanse en Engelse eindronde en die gr. 9’s Anriette Otto en Kamryn Lowe in die Engelse eindronde.
MULTISPORT
* Die 15-jarige Danielle Joubert het Saterdag tweede geëindig by die Laser Run-wêreldkampioenskappe in Egipte. Mede-Oranjeniet Lané van Rooyen (15) was sewende. Hulle ding in die o.17-ouderdomsgroep mee. Danielle is in die o.17A-aflosspan was ook tweede geëindig het en Lané in die o.17B-span was vyfde in haar aflos. Albei is as kaptein van die vrouespan aangewys.
AKADEMIE
* Oranje se aantal vakonderskeidings in die 2020 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen het die 400-kerf verbygesteek. Dít nadat nog 11 leerders ’n onderskeiding behaal het ná hulle vraestelle hernagesien is. Die aanvanklike 390 vakonderskeidings het na 401 toegeneem.
SWEM
* Die amptelike Suid-Afrikaanse swemranglys is pas bekendgemaak waarin drie Oranjeniete in drie items onder die top 3 is. In 14 items bevind 5 Oranje-swemmers hulle onder die voorste 10 in Suid-Afrika. Diegene in die top 10 in ’n item is Lize-Marié Davidson (3 items), Guilma Lausberg (5 items), Anieke Helmand (1 item), Francisca van Rooyen (2 items), Michaela van Rooyen (3 items), Nanette Jordaan (1 item).