– Deur Lana Loots (OMS-redaksielid)
Die VCSV by Oranje hoop om vanjaar sterk en goeie verhoudings by leerders te help kweek, hetsy dit ’n verhouding met God of met medegelowiges is.
Die tema van die VCSV (Verenigde Christen Studentevereniging) is dus tereg “Ships”, wat geleen is uit die engelse woorde relationships en friendships.
“Dit beteken om ‘n lewende verhouding met God, asook met medegelowiges te kweek,” sê Michelle Strydom, VCSV-leier.
“Dis vir my ‘n hoogtepunt dat Oranje soveel kanse bied om God se naam saam Sy kinders groot te maak of om by mekaar te kan leer.”
Volgens Michelle hoop om vir soveel leerders moontlik iets van God se liefde te wys.
VCSV-aande is eenmaal per maand. Daar is ook elke Donderdagoggend kringe waar dogters bymekaar kom. Dit word deur kringleiers gelei en kan beskryf word as ‘n omgeegroep vir die dogters.
Daar is ook verskillende komitees wat die werking van die VCSV verseker. Hulle het groot drome vir 2020. Drie van die jaar se hoogtepunte het reeds in Februarie plaasgevind.
Dit was die Brak-en-Duckkamp saam met Grey-kollege, ’n lofprysingsgeleentheid saam met Grey asook ’n gebedsgeleentheid op Navil Hill.
Verdere lofprysings word in Julie en Oktober aangebied asook ’n “prayer walk” saam met Grey in April, ’n VCSV-aand met ander meisieskole in Bloemfontein ter viering van vrouemaand in Augustus en dan ’n uitreikweek vroeg in Augustus.
Die VCSV bied ‘n veilige hawe vir die dogters en dis ‘n geleentheid om mekaar se laste te dra en sodoende God se hande en voete op aarde te wees.