Vier dramaleerders by Oranje, Busi Zoko, Hilda Olivier, Katie Reimers en Clarissa Delport (almal gr. 12) is vier van vyf Vrystaters en 74 landwyd wat tot die eindronde van die Nasionale Toneelkompetisie gevorder het.
Hulle moes elkeen ’n video-oudisie instuur. Die eindronde vind in die Kunstekaap-teater plaas, moontlik in Julie.
Katie het dit ook verlede jaar tot by die top 30 gemaak.