Vier redenaars van die Hoër Meisieskool Oranje het na die nasionale ronde van die ATKV se Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deurgedring.
Dit word op 1 en 2 Oktober 2020 in Johannesburg aangebied. Die vier is dubbeld soveel as verlede jaar se twee.
Vanjaar se kompetisie word aanlyn aangebied. Leerders moes hulle voorbereide of onvoorbereide (’n uur is hiervoor toegestaan) toesprake oor ’n regstreekse video aan die beoordelaars doen.
Die viertal is Rehanjo Swanepoel (gr. 12), Vianke Herbst (gr. 11), Marita Oosthuizen (gr. 10) en Kamryn Lowe (gr. 8).

Dis ’n vierde agtereenvolgende jaar wat Rehanjo tot die eindronde deurbring. Sy het verlede jaar eerste geëindig vir gr. 11-leerders in Afrikaans voorbereid. In 2018 het sy twee eerste plekke behaal. Sy gaan in Johannesburg in die afdeling Afrikaans: oorredingstoespraak individueel voorbereid en English: individual prepared (persuasive speech) meeding.

Kamryn het in dieselfde twee afdelings deurgedring en Marita en Vianke in Afrikaans: oorredingstoespraak individueel voorbereid.

Rehanjo Swanepoel