Vianke Herbst, ‘n gr. 10-leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, is die enigste redenaar van die skool wat tot die nasionale ronde van die ATKV-redenaarswedstryd deurgedring het.

Slegs die beste redenaar per afdeling per provinsie kwalifiseer vir die eindronde.

Vianke het in Afrikaans Huistaal, onvoorbereid deelgeneem.

Die eindronde vind op 2 Augustus by die Goudini Spa in die Wes-Kaap plaas.

Vianke is een van vyf Oranje-leerders kan hulle daarop kan roem dat hulle onder die beste tien Vrystaatse redenaars in die kompetisie geëindig het. Daar is, behalwe vir nr. 1, nie ’n amptelike posisie vir die ander onder die top tien aangewys nie.
Die eindronde van die provinsiale been van die kompetisie is in die eerste naweek van Junie gehou.
Die ander vier leerders is Lize Grobbelaar (gr. 8 tot gr. 9, voorbereid, Afrikaans Huistaal), Rehanjo Swanepoel en Marné Clase (albei gr. 10 tot gr. 12, voorbereid, Afrikaans Huistaal) en Grieta Brummer (gr. 10 tot gr. 12, onvoorbereid, Afrikaans Huistaal).

Vianke Herbst