Chloë le Roux was nogmaals Oranje se uitblinker-swemmer in die elite-afdeling (14 tot 30 jaar) van die Midmarmyl.
Sy het die 1.6km in 12de plek voltooi en was die eerste Oranjeniet uit die water.
Chloë (gr. 10) se tyd was 24:12.

Lize-Marié Davidson (gr. 11) het kort ná haar klaargemaak in 14de plek in ’n tyd van 24:36.
Sulinke van den Berg (24:50) was 17de, Guilma Lausberg (25:11) 19de en Miché Johns (25:41) 23ste.

Francisca van Rooyen het geskitter in die afdeling 13 jaar en jonger deur sesde te eindig. Haar tyd was 24:51.
Oranje het 148 swemmers in die water gehad.

Die eerste vier Oranjeniete uit die water by die Midmarmyl se ouderdomsgroep 14 tot 30 jaar is van links Chloë le Roux, Lize-Marié Davidson, Sulinke van den Berg en Guilma Lausberg.