Vyf van Oranje se swemmers wat Saterdag in die Kovsie opewaterswemkampioenskap in aksie was, het kwalifiserende tye vir die senior nasionale kampioenskap geswem.

Die kampioenskap is by Maselspoort aangebied. Die nasionale kampioenskap is op 7 en 8 Maart in Jeffreysbaai.

Die vyf leerders is Anri Nel, Sulinke van den Berg, Miché Johns, Chloë le Roux en Lize-Marié Davidson.
Chloë (eerste onder die vroue in ’n tyd van 01:15:10) en Sulinke van den Berg (tweede, 01:15:52) was die enigste twee dogters wat kans gesien het vir die 5km.

In die 3km-item het Miché ‘n tweede plek onder die vroue in ’n tyd van 00:45:57 behaal. Lize-Marié (00:46:37) het vierde geëindig en Anri (00:49:31) sesde.

In die 1km-swemskof het Oranjeniete vyf van die eerste agt plekke ingeneem. Lize-Marié (00:14:29) was tweede uit die water, net nege sekondes ná die wenner, Luchelle Oosthuizen van Eunice High School.
Guilma Lausberg (00:14:48) was derde, Sulinke (00:15:16) vierde, Nicole Dreyer (00:16:53) sewende en Anieke Helmand (00:16:54) agtste.

Anri Nel