Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje (ook bekend as die Hoër Meisieskool Oranje) in Bloemfontein is ’n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld, maar steeds ons Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en gehalte-onderwys behou.
So was ons die eerste openbare skool in die Vrystaat om tablette vir onderrig te gebruik. Ons is ook een van enkele skole in die provinsie met ons eie digitale televisiekanaal, bekend as Oranje TV.
Ons onderwysers is hoogs gekwalifiseerde, professionele opvoedkundiges met ’n passie vir hul werk en ’n filosofie van “elke kind is my kind”.
Die gehalte van ons buitemuurse aktiwiteite, soos sport en kultuur, is net so hoog soos ons akademiese gehalte.
Hier is die leerders eenders in geloof met ‘n visie om pret te hê, om Oranje te dien en om voor te berei vir die beroepswêreld.
“My wens vir elke leerder, ouer en personeellid is dat die groei wat in 2018 plaasgevind het, nuwe vrugte sal vorm vir die generasies wat nog moet kom.”
– Mev. Anne-Marie Klink, Oranje-skoolhoof
vooruit
Beste Wiskunde- en Wetenskapskool in Vrystaat 2018
Top Sport- en Kultuurskool
wÊreldbekende alumni
110+ jaar se tradisies
Christelike Waardes
Tegnologies gedrewe
37 Onderwysers
Beste in Afrikaans huistaal & engels 1ste Addisionele Taal in Vrystaat 2018
NUUS
Matrieks 2020 wil uitklophou plant
Oranje se matriekklas van 2020 nooi die res van die skool om in 2020 hulle passie uit te leef. Aanstaande jaar se tema, soos besluit deur die verenigde raad van leerders, is Klop wat staan vir “Kom leef ons passie”. Dis vroeër vandeesweek op die muur langs die...
Miané (14) voer o.19-krieketspan aan
As die jongste lid van die Vrystaatse o.19-meisiekrieketspan het dit oortuiging van haar afrigter gekos vir die 14-jarige Miané Smit om die kapteinskapmantel te aanvaar. Miané, ’n gr. 8-leerder aan die Hoër Meisieskool Oranje, sal die span aanstaande maand in...
Beplanning en prioritisering NB, sê Rehanjo oor rits prestasies
Haar prestasies was so ’n wavrag vol dat dit op twee sertifikate gedruk moes word. En dit was so byna nodig vir ’n derde een. Rehanjo Swanepoel, 'n gr. 11-leerder aan Oranje het vanjaar verstom met die aantal aktiwiteite wat sy aangepak én daarin presteer het. Sy was...
GALERY
Fotogalery: Matrieks 2019 groet
Klik op ‘n foto vir galery om te vertoon [gallery...
Fotogalery: Ekologiekamp 2019
Klik op 'n foto vir galery om te vertoon
Fotogalery: OMS-straatmyl 2019
Kliek op 'n foto vir die galery om te vertoon
ONS HOOFBORGE








Oranje Skakels
Pre-Primêr
Telefoon: 051-448-4149
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Primêr
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za
Telefoon: 051-447-6845
Faks: 051-447-0070
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Sekondêr
E-pos: admin@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 051-447-4681
Faks: 051-447-3083
Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00
Vrydae 07:00-14:00
Koshuis
Joostehuis (Niel Theart):
E-pos: joostehuis@oranjemeisies.co.za
Telefoon: 084-511-6263
Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395
© 2019 OranjeMeisies.co.za - All rights reserved. Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999