BEKENDE ALUMNAE

Oranje het oor die jare duisende matrieks opgelewer waarvan etlike ná skool in hulle beroepsveld of ander gebiede uitgestyg of bekendheid verwerf het.

Hier is ‘n lys van die bekendste alumnae waarvan ons bewus is (nooiensvan en jaar gematrikuleer/skool verlaat in hakkies):

* Weet jy van iemand wat op dié kan kom? E-pos ruan@oranjemeisies.co.za asb. met die info.

► EERSTES

Gladys Steyn (1907) – Eerste vroulike advokaat in Suid-Afrika

Nellie Swart (De Klerk, 1918) – Eerste staatspresidentsvrou van die Republiek van Suid-Afrika

Leonora van den Heever (1942) – Eerste vroulike appèlregter in Suid-Afrika

Hilda Burnett (Nienaber, 1945) – Eerste vroulike kolonel & eerste vrouebevelvoerder van ‘n Suid-Afrikaanse leërbasis (SA Leërkollege Vir Vroue)

Elsa Lamb (1962) – Eerste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n filmstel ontwerp

Dalena Coetzee (Dreyer, 1959) – Stigter van Medcodelink wat ’n eerste vir Suid-Afrika in die mediese industrie is

Joan van der Poel (1960) – Eerste vrou bevorder tot generaal-majoor in die Suid-Afrikaanse weermag

Lilla du Preez (1974) – Eerste vroulike bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse vloot

► AKADEMICI

Rensia Robinson (Odendaal, 1955) – Waardevolle literêre navorsingsbydraes

Anelize van Biljon (Theron, 1969) – Betrokke by internasionale wiskunde-olimpiade & eerste vroulike departementshoof aan die UV se Rekenaarwetenskap en Informatika

Naòmi Morgan (1976) – Internasionaal bekroonde kenner en professer in Frans, Universiteit van die Vrystaat & tot ridder geslaan deur die Franse regering

Murdoch Watney (1981): Professsor in regsdepartement van die Universiteit van Johannesburg.

Erika de Wet (1985) – Professor in internasionale staatsreg, Universiteit Amsterdam

Corli Witthuhn (Joubert, 1987) – Professor & Vise-rektor vir navorsing aan die Universiteit van die Vrystaat

Jaqueline du Toit (1988) – Professor & Internasionaal erkende kenner in Semitiese tale

Leonora Jackson (Raath, 1988) – Baanbrekerswerk in die Griekse tragedie aan die Dramaskool van die Universiteit van Durban-Westville

Carlé Sharp (1989) – Professor & Hoogleraar aan die Universiteit van Houston

Renata Schoeman (1993) – Medeprofessor in leierskap & hoof van die MBA-spesialisasiegebied van gesondheidsorgleierskap aan die sakeskool van die Universiteit Stellenbosch

► KUNSTE

Mariechen Naudé (Van Rijn, 1936) – Stigterslid van Kovsies se dramadepartement en voorsitter van destydse Sukovs

Olga Rademan (Troskie, 1942) – Uitmuntende musiekloopbaan

Hanlie van Niekerk (1945) – Internasionaal erkende operasanger

Christine du Plessis (Rautenbach, 1945) – Internasionaal erkende kunsskilder en sanger

Dulcie van den Berg (Smit, 1946) – Akteur

Laura Rautenbach (1949) – Bekroonde beeldhouer

Beatrix Bosch (Van Rensburg, 1952) – Internasionaal bekroonde vir haar leerkunswerk

Berna Ackerman (Cloete, 1954) – Bekroonde musikus en skrywer

Christine Basson (1959) – Akteur

Petru Wessels (1960) – Akteur

Lydia Theron (1960) – Akteur

Paddy Norval (nie matriek hier voltooi) – Akteur

Lyn Smuts (1968) – Internasionaal erkende kunstenaar

Clarabelle van Niekerk (1969) – Internasionaal erkende kunstenaar

Reza de Wet (1969) – Bekroonde dramaturg

Ilse Fourie (Potgieter, 1972) – Internasionaal erkende kunstenaar

Cyrilene Slabbert (1973) – Akteur

Anine Barnard (Bosch, 1975) – Internasionaal erkende etskunstenaar

Naòmi Morgan (1976) – Vertaal verskeie treffer-toneelstukke uit Frans na Afrikaans en Afrikaanse liedjies na Frans

Nadia Burgess (Lindeman, 1976) – Internasionaal erkende musikus

Bambie Heiberg (1977) – Internasionaal erkende musiekloopbaan

Sonia Cabano (De Waal, 1980) – TV-sjef

Isabella Mostert (1980) – Akteur

Heidi Edeling (1983) – Nasionaal erkende musiekloopbaan, Idols-afrigter en uitvoerende hoof van Ghoema-musiektoekennings

Heléne Lombard (1986) – Akteur

Saartjie Botha (1990) – Bekroonde dramaturg, vertaler, verwerker, vervaardiger en direkteur van die Woordfees

Martelize Kolver (1991) – Akteur

Hanlé Barnard (1994) – Akteur

René Snyman (1994) – Internasionaal erkende kunstenaar

Lulu Botha (1997) ­– Akteur

Ann Hirsch (2002) – Akteur en kommediant

Hillétje Bashew (Möller, 2002) – Akteur en musikant

Esté Rabé (Nell, 2008) ­­– Stigter en sanger van die groep Bottomless Coffee Band

Chanmari Erasmus (2009) – Kanna-bekroonde akteur

Schoemé Grobler (2011) – Akteur

Loané van Sandwyk (2011) – Akteur en sanger

Anika du Toit (2011) – Akteur

► SPORT

Hilda Burnett (Nienaber, 1945) – Protea-hokkiespeler

Laura Rautenbach (1949) – Protea-hokkiespeler

Lynette Ferreira (Baird, 1954) – Protea-netbalspeler en -kaptein & Protea-netbalhulpafrigter & Protea-basketbalspeler

Olivia Belcher (Kapp, 1960) – Internasionale meesterswemmer

Inge Bremer (1963) – Internasionale meesteratleet

Aryna Edwards (Lombard, 1971) – Protea-hokkiespeler (1980) & Protea-keurder

Bambi Heiberg (1977) – Internasionale atleet (landloop)

Zola Budd (nie matriek hier voltooi) – Wêreldrekordhouer in die 5 000m, tweemalige wêreldlandloopkampioen en Suid-Afrika se Sportvrou van die 1980’s.

Stefanie Hefer (1980) – Bekroonde skerpskutter

Tessa Halgryn (Oosthuizen, 1980) – Protea-netbalspeler

Ané van Heerden (Serfontein, 1981) – Nasionale duiker

Amanda Coetzer (1988) – Internasionale tennisspeler (sluit 10 jare agtereenvolgens af in die top-20 op die wêreldranglys en beklee in ’n stadium die 3de plek)

Maritza Coetzee (1995) – Afrigter van die senior SA-atletiekspan na die Olimpiese Spele en Wêreldkampioenskap

Karen Allers (1995) – Internasionale swemmer

Pietie Coetzee (1996) – Protea-hokkiespeler (wêreldrekordhouer vir meeste internasionale doele & jongste Protea ooit op 16-jarige ouderdom)

Anli Kotzé (1997) – Protea-hokkiespeler en -kaptein (1999-2005)

Charlene Hertzog (Du Toit, 1997) – Protea-netbalspeler en -kaptein

Jeanne Mattheus (1998) – Presteerder in perde uithourit

Anchen Nel (Du Plessis, 2003) – Protea-netbalspeler

Anneri Moolman (Ebersohn, 2008) – Nasionale atleet en SA senior 400m-hekkieskampioen

Bernice Strydom (2008) – Springbok-vrouerugbyspeler

Hettie van der Walt (Oosthuizen, 2009) – Protea-hokkiespeler

Cornelle Holtzhausen (Botha, 2010) – Protea-hokkiespeler

Janke van der Vyver (2015) – Nasionale pluimbalspeler

Simoné Gouws (2017) – Protea-hokkiespeler

► MEDIA

Ina de Villiers (Van Schalkwyk, 1937) – Samesteller en eerste uitgewer van Kook en Geniet

Anneke van Niekerk (Keyter, 1947) – Bekroonde joernalis

Amy Schoeman (Tromp, 1958) – Internasionaal bekroonde fotograaf

Marieta Lamprecht (Van der Walt, 1959) – Internasionaal erkende fotograaf

Dene Smuts (1966) – Bekroonde joernalistieke loopbaan

Sandra Jacobs (1975) – Bekroonde koerantredakeur en skrywer

Merwelene van der Merwe (1976) – Internasionaal erkende fotograaf

Elize Parker (1977) – Skrywer

Liezl Olivier (1990) – Nuusleser op SABC2

Antonia Steyn (1995) – Bekroonde fotograaf en vervaardiger

Benescke Janse van Rensburg (Botha, 1999) – Radio-omroeper

Elma Smit (nie matriek hier voltooi) – Televisie-aanbieder en radio-omroeper

Eloise Pretorius (2000) – Bekende radio- en TV-aanbieder

Jana Balden (Marx, 2008) – Bekroonde joernalis

► MEDICI

Elize Dyason (1943) – Senior mediese beampte, Boksburg-Benoni Hospitaal

Trysie Grobler (Du Rand, 1958) – Internasionaal erkende voorligtingsielkundige

Carlé Emden (Sharp, 1989) – Professor & Internasionaal erkende sielkundige

Renata Schoeman (1993) – Internasionaal erkende psigiater

► MODELWERK

Sonia Cabano (De Waal, 1980) – Internasionale model

Chané de Kock (Potgieter, 2003) – Mev. Suid-Afrika 2013

Leandri Wessels (Snyman, 2004) – Internasionale model

Ansolet Rossouw (2017) – Internasionale model

► REGTE

Ronée Robinson (1981): Advokaat wat al as regter ageer het

► ANDER

Saartjie Potgieter (Pretorius, 1936) – Bekroonde maatskaplike werker

Esther Geldenhuys (Burger, 1939) – Internasionaal erkende rooskenner

Essie Honiball (Wiese, 1941) – Baanbrekerswerk met Eden-dieet wat gelei het tot ’n gesondheidsdeurbraak

Hilda Burnett (Nienaber, 1945) – Stigterslid van die Demokratiese Party

Estelle Bester (1956) – Baanbrekerswerk vir behuising in Soweto gedurende die 1980’s

Anna van der Hoven (1962) – Professor & Erkende kriminoloog

Marthinette Stretch (Van Tonder, 1965) – Professor & Internasionaal erkende voedingkundige/dieetkundige

Dene Smuts (1966) – Parlementslid

Lanette Hattingh (Claassen, 1970) – Doktor en opvoedkundige sielkundige

Mag Marais (Louw, 1975) – Bekroonde vir bevordering van Afrikaans

Jeanine Nothnagel (1990) – Parlementslid

Elmarie Prinsloo (1990) – Uitvoerende direkteur van die Bloemfontein Skou

Minette Smit (Neuhoff, 1982) – Stigter en direkteur van Compliance Online

Annette Muller (2002) – Forbes se top tien lys van vroue wat die gesig van tegnologie verander