REÜNIE

Kliek hier vir Alumnet

Oranje reünie maak jou deel van duisende vroue vanoor die wêreld wat in dieselfde klaskamers as jy gesit het, pampoenrokke gedra het en die bloureën van Elizabeth le Rouxhuis bewonder het.
Oranje-wees is nie iets wat iemand sal verstaan wat nooit ’n pampoenrok aangetrek het nie. Dit is nie iets wat jou aan die hart gryp as jy nog nooit opgekyk het na die naald van die Vrouemonument nie. Iemand sal nie hiermee identifiseer wat nog nooit in die kring gestaan het met Vivala OMS in jou ore nie. Iemand sal dit nie begryp wat nog nooit Driewerf Gegroet uit volle bors gesing het nie.
Oranje reünie maak jou deel van ’n ketting van vroue met kosbare herinneringe, wat hulle jaarliks by reünies opnuut verbly in lewenslange vriendskappe wat op Oranje gesmee is, wat steeds bewus is van die rykdom van Oranje se geskiedenis en tradisies.
Die meetsnoere val steeds ná 10, 35, 50 en selfs 70 jaar in lieflike plekke. Ons erfenis is vir ons mooi. (Psalm 16:6).

Reünie naweek-program
Klasreünies van 5, 10, 15, 20, 25, 30, 35, 40, 45, 50, 55, 60, 65 en 70 jaar word jaarliks deur die koördinering van Oranje reünie tydens die die skool se verjaardagvieringe in April gehou. Dit is altyd die eerste Vrydag van die tweede kwartaal.
Vrydag
– Funksie by die Vrouemonument om 10:00. Verversings word na afloop van die funksie by die Monument bedien.
– Besigtigingstoer van die skool om 12:00. Oud-Oranjes kom voor die M.L. Spiessaal bymekaar.
– Aand: Onderskeie jaargroepe reël hulle eie funksies.
Saterdag
– Reünie-ontbyt om 09:30 by die skool. Koste is R150 per persoon.
– Spesifieke jaargroepe bespreek vir die ontbyt by hulle sameroeper.
– Alle ander oud-Oranjes bespreek by die voorsitter van Oranje reünie.
– Aand: Onderskeie jaargroepe reël hulle eie funksies.
Sondag
’n Spesiale dankdiens om 08:00 vir huidige en oud-Oranjes en hulle gesinne in die Klipkerk. Die kore van die hoër- en meisieskool tree op.

Alumnet-program
’n Rekenaarprogram word gebruik om ’n databasis op datum te hou. Indien jy nog nie geregistreer is nie, gaan na https://oranje.alumnet.co.za en die skakel sal vir jou presies sê wat om te doen.

“Ou eende” Facebook-blad
Oudleerders kan na https://www.facebook.com/groups/91156883776/ gaan om nuus oor oudleerders en reünies te volg.

Gauteng en Wes-Kaap Reünies
Oud-Oranjes trek jaarliks in die eerste Saterdag van Augustus in Gauteng saam en in die laaste Saterdag van Augustus in die Wes-Kaap.
Indien jy hierdie reünies wil bywoon, bel of e-pos vir:
Annegret Lombard (Gauteng reünie): 083-427-3977 / omsgauteng@gmail.com
Obri Harmse (Greeff) (Wes-Kaap reünie): 084-513-8088 / info@drain-it.co.za

Betrokkenheid deur die jaar
Terwyl ons hierdie naweke in die goeie verlede kuier, moet ons as oud-Oranjes ook dink aan die toekoms van ons alma mater. Oranje reünie hou tred met die ontwikkeling van ons alma mater. Oranje dink voortuit. Oranje loop vooruit. Oranje groei vooruit.
Om hierdie rede bied Oranje reünie gedurende die jaar verskeie funksies by die skool aan:

Graad 8’s besoek Onze Rust
Oranje reünie neem jaarliks die graad 8’s as deel van die oriëntering na Onze Rust, die geskiedkundige woning van die skool se stigter, oudpres. MT Steyn. Hier leer hulle van Steyn se stigtersideaal, hulle besoek onder meer sy studeerkamer en slaapkamer, stap na die boom van sameswering en die blokhuis. Dit is tradisie, om soos van ouds, in die yskoue swembad te swem en waatlemoen te eet.

Matriektee
Bestaande tradisies word voorgesit met die aanbieding van die jaarlikse matriektee om die graad 12’s te verwelkom as amper oud-Oranjes. ’n Oud-Oranje spreker word genooi om die matrieks toe te spreek. Tydens hierdie geleentheid ontvang elke matriek ’n Oranje reünie-balkie as geskenk.
Blomme met goeie wense word in die eksamenlokaal geplaas tydens die matrieks se eindeksamen.

Graad 7-funksie
Met die graad 7-funksie word die leerlingraad van die hoërskool genooi om die graad 7’s in te lig oor die verskillende aktiwiteite van die hoërskool. Sportliedjies word gesing en die kreet word geskree. Tydens hierdie geleentheid ontvang elke gr. 7 dogter ’n boekmerk met ’n skoolfoto van haarself as aandenking.

Graad R-funksie
Groot opgewondenheid heers jaarliks onder die kleuters met die graad R-funksie. Die drie eende van Oranje se skoolwapen kom kuier om hulle te vertel van die “groot skool”. Dit word gedoen in die vorm van ’n poppekas.

Nuusbrief
Oranje reünie stuur jaarliks ‘n nuusbrief uit aan al die lede op die adreslys. Die nuusbrief sal voortaan op die webtuiste gelees kan word. Slegs persone wie se ledegeld betaal is, sal van die fasiliteit gebruik kan maak. Nuus sal voortaan baie meer gereeld gelees kan word. ‘n Vereenvoudige nuusbrief sal steeds jaarliks aan die lede gestuur word wat nie toegang tot die internet het nie.
Dit bly steeds Oranje reünie se grootste doelwit om soveel as moontlik betaalde lede met korrekte kontakbesonderhede te hê.

Ledegeld
Oranje reünie benodig geld om bogenoemde werksaamhede te kan uitvoer, daarom word ’n beroep op op elke oud-Oranjeniet gedoen om ledegeld van R200 per jaar te betaal.
Die bankbesonderhede is:
C & N Sekondêre Meisieskool Oranje
Bank: FNB
Takkode: 230 234 (Prellerplein)
Tjekrekening: 62559458601
Verwysing: Naam, nooiensvan en matriekjaar
Bedrag: R200

Kontakbesonderhede
Vir navrae kontak Sarette Botha (voorsitter van Oranje reünie) by 079-870-0495 of sarette1972@gmail.com

Oranje Skakels

Pre-Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjepp.co.za

Telefoon: 051-448-4149

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00 

Primêr

Webwerf

E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Telefoon: 051-447-6845

Faks: 051-447-0070

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

 

 

Sekondêr

Webwerf

E-pos: admin@oranjemeisies.co.za

Telefoon: 051-447-4681

Faks: 051-447-3083

Ure: Maandae tot Donderdae 07:00-15:00

Vrydae 07:00-14:00

Koshuis

Webwerf

Joostehuis (Stanley Biggs):
E-pos: biggssj@gmail.com
Telefoon: 072-112-1626

Le Rouxhuis (Corné Marais):
E-pos: cmarais@inext.co.za
Telefoon: 083-409-7395

Reünie

Webwerf

E-pos: sarette1972@gmail.com

Telefoon: 079-870-0495

© 2019 OranjeMeisies.co.za - All rights reserved. Privacy | CMS | #WebDesigns since 1999